Middagtee by The Oyster Box Hotel

Middagtee by The Oyster Box in Umhlanga is ‘n heerlike en luukse bederf en ons het self hulle middagtee gaan geniet met ons besoek aan KwaZulu-Natal verlede week.  Die oomblik as jy by The Oyster Box se groot mure in ry word jy verwelkom deur vriendelike wagte.   Dit voel of jy in ‘n ander era instap die oomblik as The Oyster se deure oop gaan en jy instap by die ontvangs en ingangsportaal.  Die heel eerste ding wat ons oë gevang het was die hotel se oorspronklike marmer trappe.  Luuksheid en uniekheid is wat The Oyster Box anders maak as enige ander hotelle in KwaZulu-Natal.

The Palm Court is geïnspireer deur die hotel se oorspronklike argitektuur met digte groen palm bome, natuurlike sonlig en elegante kandelare.   Dit voel of jy buite sit, maar jy sit eintlik binne met baie natuurlike lig wat deur hulle dubbel volume glasdak inskyn.  Die kandelare wat jy sien is gekoop van die Savoy Hotel in Londen.

Die middagtee was van die boonste rakke en as jy nie ‘n soet tand het nie, is daar ook ‘n paar sout happies wat deel uit maak van hulle middagtee.  Daar is ‘n goeie balans tussen soet en sout, so jy hoef nie bang te wees dat jy te soet sal wees nie.  Jou tee word bedien uit die Britse ontwerper, Miranda Kerr se Royal Albert porselein reeks, ‘friendship’.  Dit maak die tee sommer ekstra spesiaal voel.

The Palm Room gee amper die gevoel van ‘n tropiese eiland vakansie en laat jou sommer onmiddellik rustig en ontspanne voel.  Die atmosfeer by The Oyster Box in die algemeen is lekker ontspanne en luuks, sonder dat jy ongemaklik hoef te voel.  Dit het vir ons amper soos ‘n huis weg van ons huis gevoel.  Die span by die hotel is baie verwelkomend en laat jou op jou gemak voel.

The Oyster Box se middagtee is een van die mees bekendes in Suid-Afrika, so as jy na KwaZulu-Natal toer en in die Umhlanga area is, moet jy vir jou self ‘n bederf middagtee boek.  Hulle spyskaart verander van tyd-tot-tyd om seker te maak hulle gee ‘n verskeidenheid en ook beskikbaarheid van produkte gedurende seisoen periodes.

Daar is soveel lekkernye van varsgebakte botterbroodjies, macarons, fyngebak, quiches en koeke, tot vinger toebroodjies en southappies.  Hulle spyskaart verander gereeld as gevolg van seisoenale veranderinge en beskikbaarheid van produkte en bestanddele.  Die volgende is wat jy altyd by Middagtee kan verwag: Koek van die dag (Sjokolade Gateaux, Vars room & Aarbeie, sjokoladefudge en Suurlemoen room), ‘n verskeidenheid brode (suurlemoen spons, okkerneut en wortel, amandel en saad), bessie pannacotta, seisoenale vrugte-tertjies met ‘n vla basis basis, koffie en karamel éclairs, sjokelade éclairs, Peppermint Crisp-tert en Sjokolade-mousse blokkies, klein suurlemoen meringues, koue klapper rys poeding, ‘n verskeidenheid kolwyntjies, brosbrood vingers, Lindt sjokolade-brownies, gemmer koekies, hawermeel koekies en ‘n verskeidenheid kolwyntjies. Alle fyngebak, banketbakkery en brode word daags vars gebak in hulle kombuis. Gaste se gunstelinge sluit in hulle wortelkoek, melktert, kolwyntjies en Mev. Tollman se toebroodjies.

Interessante feite oor The Oyster Box se middagtee:

  • The Oyster Box bak oor die 4 000 macaroons per maand.  Sjoe!  Dit is omtrent ‘n klomp gebak in ‘n maand, maar as jy hulle macaroons proe, sal jy ook verstaan hoekom hulle so baie moet bak.
  • The Oyster Box het onlangs ‘n Tretchikoff kunswerk bekom met die titel ‘Chico’ wat nou deel uitmaak van hulle kunsversameling, Vladimir Trechikoff is een van die mees suksesvolste kommersiële kunstenaars van alle tye.
  • Red Carnation Hotels het die eiendom oorgeneem in 2006 en het die eiendom herstel soos die periode waarin dit gebou was en het dit tot sy oorspronklike glorie moontlik gehou. Voordat Red Carnation Hotels die eiendom bekom het, was dit baie verniel en vergete gewees. Hulle het die potensiaal in die eiendom gesien en vandag kan ons almal hierdie bekende en luukse wegbreek plek geniet.

Middagtee begin om 2:30 nm en eindig om 5 nm en ‘n bespreking is noodsaaklik, veral oor naweke.  Om te boek kontak The Oyster Box by 031 514 5000 of stuur ‘n e-pos na reservations@oysterbox.co.za.

 

Voor ons middagtee het ons ook die geleentheid gehad om die hele hotel te sien.  Hulle het ons geneem van die verskillende areas van die hotel insluitende die gaste area’s, spa, swembaddens en ook hulle ander restaurant area’s soos die Grill Room en funksie lokale vir spesiale geleenthede.  Ons het ‘n paar foto’s vir julle geneem om te geniet.  Klik hier om The Oyster Box se webtuiste te besoek en jou wegbreek hier te bespreek.
 

Artikel Krediet