Resensie: Hasselblad

Mooi Leefstyl se medestigter,  Günther Schubert en eienaar van Vorsprung Studio,  is die amptelike fotograaf van Expresso Show op SABC 3 reeds van Mei 2012 en het hy eendag die geleentheid gehad om ‘n resensie te doen oor ‘n  Hasseblad kamera en het foto’s agter die skerms van die regstreekse televisie program geneem.  Gaan loer op Günther Schubert se webtuiste om van sy fotografie van die program te sien.  Günther vertel ons lesers meer oor sy ervaring

Vir die wat belangstel aan fotografie of ‘n passie het vir goeie gehalte kamera’s sal weet dat Hasselblad se naam sinoniem is met kwaliteit en die beste in die kamera en fotografie bedryf.  Hasselblad word deur van die wêreld se beste fotograwe gebruik en is hulle nommer een keuse wanneer dit kom by kamera keuses.  Ek het nog altyd vandat ek kan onthou ‘n liefde gehad vir ‘n Hasselblad.  Ek hou daarvan om te dink aan Hasselblad as die Rolls Royce van kameras.

Alhoewel hulle die beste in die industrie is, is hulle kameras redelik groot en word gewoonlik meestal gebruik in ‘n gekontroleerde area.  Maar nou is die anders en Hasselblad het ‘n spieëllose kamera vrygestel.  Ja jy lees reg, speëlloos.  Die Hasselblad X1D-50c is lekker kompak en maklik om op jou te dra en elke spesiale oomblik met hierdie fantastiese kamer vas t evang.

Die Hasselblad X1D-50 het ‘n 50-megapixel CMOS sensor in, wat beteken jou foto kwalitiet sal van die beste wees.   ISO van 100 tot 25 600, wat beteken lae lig omstandighede sal vir jou geen probleem wees om te skiet sonder ‘n flits nie.  Die kamera weeg slegs 725 gram so kan gemaklik gedra word.  Die sluiter is 1/2000 tot 3600 sekondes.

As jy die kamera in jou hand hou, kan jy onmiddellik die Sweedse kwaliteit voel.  Wanner dit kom by die ontwerp van die X1D-50c, sou ons niks regtig verander nie, die aluminium ontwerp maak dit sterk en ook gepas om gebruik te word in verskillende omgewings.  Die gehalte van die materiale wat gebruik is, is fantasties en dit lyk sommer duursaam.  Dit is definitief ‘n kamera wat ‘n klassiek sal kan word.

Die X1D-50c het ook USB 3.0, Wi-Fi en ingeboude GPS.  Hulle XCD lense pas perfek in by die ontwerp van die X1D-50c en produseer fantastiese skerp foto’s.

Vir ‘n Hasselblad neem die kamer verskriklik stil foto’s en almal op stel kon nie glo hoe stil die X1D-50c afneem nie. Ek neem foto’s op stel vir verskillende televisie programme en stilte is alles wanneer jy regstreeks televisie moet afneem.  Daar is ook ‘n funksie om die kamer nog stiller te laat afneem.  Die een nadeel van die opsie is dat jy nie die beeldsoeker kan gebruik nie en jy maar moet hoop dat jou foto reg uitkom.   As hulle ‘n manier kan vind om, om dit te werk, sou dit fantasties wees.  Moet nie dat dit jou afsit nie, dit is ‘n fantastiese kamera.

Die X1D-50c het ‘n raakskerm wat fantasties is en ook baie gebruikersvriendelik is, so as jy nie ‘n professionele fotograaf is nie, sal jy dit nogsteeds maklik verstaan en kan gebruik.

En dan het die X1D-50c ook ‘n video opsie, so jy kan sommer video’s ook neem met jou fantastiese kompak kamera, sonder om ‘n groot videokamera rond te dra om spesiale oomblikke vas te vang.

In kort:  Dit is ‘n fantastiese kamera en sou niks minder van Hasselblad verwag nie.  Dit kom teen ‘n redelike begin prys, wat dit bietjie moeiliker maak vir almal om dit te bekostig.  Goeie gehalte foto’s en ‘n baie mooi ontwerp.

Indien jy belangstel, klik hier om die Sunshine Co te kontak.

Artikel Krediet

  • Günther Schubert