Unieke kunswerke vir jou huis

Brigitte Laurent het in 2018 ‘n diploma in Fine Art by Durban Technikon voltooi, waar sy toe daarna op haar eie en net met ‘n rugsak vir ‘n maand gereis het om haar kuns te volg wat uitgestel was by 2009 se Design Indaba.  Van hier af het sy ontdek hoe ontwerp en kuns die manier verander hoe ons dink en het sy ander ander materiale begin gebruik i.p.v. keramiek om haar deel te bring om nie soveel druk op die omgewing te plaas nie.

Die natuur is ‘n groot bron van haar inspirasie so Brigitte sorg dat sy so veel moontlik omring is deur die natuur en berge waar sy haar kop skoon kry en opsoek is na nuwe idees.  Om uit haar gemaksone te reis gee haar ‘n oorvloed van inspirasie en idees. Brigitte vertel dat sy haar passie volg en nie kunswerke maak wat sy dink ‘n tendens is nie.  Sy glo dit is haar passie wat haar anders maak as ander kunstenaars.

Haar kunswerke word genaak uit PVC-pype, beter bekend as geut pype, en sy werk met die groter 200mm soort, solank dit wit is kan sy iets daaruit maak.  Al haar kunswerke verkry sy plaaslike en word in die Tuinroete gemaak, waar Brigitte self die pype sny en boor, sleg haar hout basis verkry sy van ‘n ander verskaffers.

Sy spog dat sy uit eintlik die skuif kon maak na Plettenbergbaai waar sy nou ‘n studio het waarin sy kan groei en nou kan sy haar aandag fokus op groter beeldhouwerk.  Sy werk op haar eie ontwerpe en sê dat met beligting te werk soms bietjie moeilik raak, so daar is net sekere pasgemaakte ontwerpe wat sy gemaklik voel om mee te werk.

Brigitte se advies aan opkomende entrepreneurs is om deeglik jou navorsing te doen en soveel moontlik advies van mense in jou industrie te vat.  Sy lê ook klem daar op dat jy nie jouself aan negatiewe mense moet steur wat jou wil terug hou nie.

Mooi Leefstyl se lesers kan Brigitte Laurent se kunswerke koop deur haar webwerf, en die volgende winkels hou voorraad van haar kunswerke aan, Nap Living – Cape Quarters in Kaapstad, Ilovani_furniture – Plettenbergbaai en Black Mamba – Limpopo

Volg gerus Brigitte Laurent ook op jou gunsteling Sosiale Media Platform