Vrolike sokkies vir enige geleentheid

FEAT. sock co. was begin in Oktober 2012 deur twee vriende, Alison en Chelsey wat besluit het om die sokkie-geskenk tendens in ‘n besigheid te verander. Almal het al op ‘n tyd ‘n paar sokkies as geskenk gekry. In Mei 2016 het Alison haar eie pad gegaan en begin toer en ander wonderlike kunstige projekte begin. Chelsey het besluit om die sokkie droom lewendig te hou een kleurvolle paar sokkies op ‘n keer.

Mooi Leefstyl is gek oor FEAT. sock co. se sokkies. Dit is speels, pret en perfek vir sokkie liefhebbers wat opsoek na presies dit. Die doel van hulle besigheid was om sokkies te maak wat ‘n storie vertel en jou te laat glimlag.

FEAT is ‘n afkorting van die Engelse woord “Feature”, of in Afrikaans fokuspunt. Hulle wou hê hulle sokkies moet die fokuspunt van jou kleredrag wees en ‘n punt van geselskap wees. Ons stem definitief saam dat iemand jou iets sal vrae oor jou paar sokkies.

Hulle sokkies word gemaak in Kaapstad, Suid-Afrika, so jy weet jy koop ‘n plaaslike produk en ondersteun sodoende ‘n plaaslike besigheid.

FEAT. sock co. verkoop mans en dames sokkies. Hulle het ook ‘n Mamma en kind reënboog kombinasie sokkie stel asook ‘n Pa en kind reënboog kombinasie sokkie stel.

Hulle sokkies is gemaak uit 80% Katoen, 18% Nylon en 2% Elastan.  Hulle verpakking is gemaak uit kraftbord en word ook gedruk in Kaapstad.  Hulle herwin graag hulle verpakking, so indien jy wil, kan jy die verpakking terug stuur aan FEAT. sock co. en so help om minder rommel in die wêreld te hê.

FEAT. sock co. is altyd besig met nuwe ontwerpe en idees en bring gewoonlik vier nuwe ontwerpe uit elke twee maande.

As jy nog nie ‘n paar FEAT. sock co. sokkies het nie, klik hier om hulle webtuiste te besoek en sommer onmiddellik ‘n bestelling te plaas vir jou sokkies of klik hier om te sien waar jy hulle sokkies kan koop by ‘n winkel naby jou.

Volg hulle op sosiale media hier:  FacebookInstagramTwitter en Pinterest.