Biefstuk met ‘n kinkel

Biefstuk is net lekker, vol smaak en maklik om voor te berei, so gaan sommer na jou gunsteling slagter toe en bestel jou stuk.

Bestanddele:

  • 500 tot 1000 gram Biefstuk (afhangende van die aantal mense wat die dus saam gaan geniet)
  • 150 ml Roomkaas per porsie
  • 6 tot 8 Peppadews per porsie
  • 4 ongekookte beet
  • Vars Spinasie
  • Sout en Pepper
  • Olyf-Olie

Voorbereiding metode:

  1. Verhit ‘n pan sonder olie tot baie warm
  2. Sny ‘n gat in elke porsie Biefstuk.  Vul elke porsie met Roomkaas en Peppedews en strooi sout en peper na smaak oor biefstuk.
  3. Gooi bietjie Olyf Olie oor die Biefstuk en plaas in die verhitte pan.  Pan braai vleis tot jou eie voorkeur.  4 Minute elke kant is omtrent halfgaar.
  4. Sny beet in skywe.  Maak ‘n pot olie warm en braai tot sag en diep van kleur.
  5. Breek Spinasie in stukke.  Maak ‘n pan met bietjie olie warm en sit Spinasie stukke in olie, geur met Sout en Peper tot smaak.

Opdien voorstel:

Pak die spinasie uit op elke persoon se bord, sit die gebraaide beet en Biefstuk bo-op spinasie.  Bedien met Sout en Peper op die kant.

Artikel krediet: