Geleenthede met gesonde spyseniering

Gesond eet het nog nooit so mooi gelyk nie en ons sê dankie aan Lumé Reiter wat hierdie gestileerde fotosessie bymekaar gesit het en innoverende idees wat gebore word wanneer jy dit die minste verwag.  Dit is altyd belangrik om getrou aan jouself te bly wanneer jy met ‘n konsep vir enige geleentheid opkom.

Marnus en Shandrè het modelle gespeel om te wys dat só geleentheid ook kan wees om vriende en familie mee te deel die geslag van ‘n nuwe baba, dus is die konsep van vars groente van moeder-natuur ideaal vir dié geleentheid.

Nuwe tendense sal ook die visualisering van konsep beïnvloed.  Werk saam met mense wat kuns sien met hul harte en nie met hul koppe nie en wie jou konsep perfek sal uitvoer.

Praat wan innoverende idees vertel Lumé dat sy nooit in ‘n miljoen jaar sou dink dat haar konsep en visie so goed sal lyk nie. Dié gestileerde fotosessie was ‘n nuwe idee om ‘n gesonde manier van feesviering te tentoonstel.

Plaas van dekor met blomme te doen het Lush Signature Floral Styling weer verbaas en met rou, natuurlike fokuspunt die atmosfeer geskep vir die spyskaart.

Die bedien van vingerhappies is altyd ‘n wenner omdat dit ‘n sosiale omgewing skep en mense op ‘n feestelike wyse saam bring.  Dit sal jou gaste ook aanmoedig om bietjie langer om die opskep tafel rond te vertoef.  Dit is bewys dat kos die universele taal is om mense bymekaar te bring!

Plaaslike markte en organiese produkte het ‘n groot deel van ons kulturele erfenis geword waarvan ons meer gebruik moet maak.  Terwyl daar baie gesprekke is wat fokus of die gesonde kosse beter is vir ons gesondheid, moet ons nie vergeet dat die tendense ook goed vir die omgewing is nie.

Maak jou tafel mooi met kosse wat alle verwagtinge oorskry en jou familie, vriende en gaste sprakeloos laat.

Daarom ook by die kies van ‘n geskenkie tot die kleur en tekstuur van die skryfbehoeftes was dit belangrik om ons “GROEN” of “ROU” tema in gedagte te hou. “SIMPLY RAW”

Om gasheer of ‘n tema van enige geleentheid te skep kan werklike ‘n manjifieke affêre wees met die “Vars uit die grond” benadering – Dit is vindingryk, vars en nuut!

Artikel krediet