‘n Besoek aan uShaka Marine World

Mooi Leefstyl het ‘n dag vol pret gehad by uShaka Marine World in Durban, Suid-Afrika.  uShaka Marine World is gevul met vermaaklikheid, opgewondenheid, pret en uniekheid.  As jy opsoek is na ‘n dag van pret dan is uShaka Marine World die perfekte plek.

Dit die grootste akwarium in die Suidelike halfrond en die 7de grootste akwarium in die wêreld.  Ons moet self se dit was nogal indrukwekkend gewees.  Die tema van die akwarium was ‘n skip gewees, so dit voel of jy rondstap in ‘n ou skip met massiewe ruite wat onder die see uitkyk.

Ons het haai-hok-duik gedoen en ook na die dolfyne en robbe skou gekyk.  Ja jy lees reg haai-hok-duik.

Dit is nie aldag wat jy ‘n haai-hok-duik geleentheid kry in ‘n gekontroleerde omgewing nie.  Dit was glad nie so erg soos ons gedog het dit gaan wees nie en is ook ‘n goeie manier om jou vrese vir water en wilde seediere te vergemaklik.  Die haai-hok-duik kan vir een persoon of twee persone op ‘n slag gedoen word en jy is in ‘n veilige hok wat vas is aan ‘n soliede draad hang in die water.  Hulle trek die hok met die draad in die middel van die haai tenk en dan kan jy jou tydjie saam met hierdie pragtige diere naby geniet, sonder om bang en bedreig te voel.  Wat dit ook baie oulik maar is, dat jou vriende of familie in die akwarium kan staan en kyk hoe die haaie om jou swem.  Hulle kan ook oulike foto’s kry, want het nie nodig om in die water te gaan nie, hulle kan sommer deur die akwarium se glas afneem. So daar is geen rede dat jy nie ‘n foto sal kan hê met hierdie pragtige diere nie. uShaka is ook een van die min akwariums in die wêreld wat “Silvertip” haaie aanhou.

Genoeg nou van die haaie, kom ons beweeg aan na die dolfyne.  Een van ons gunsteling en oulikste bekende see diere.  By uShaka Marine Sea World het ons na Suid-Afrika se enigste dolfyn-skou gekyk.  Daardie oomblik wat die dolfyne op die ritme van die musiek begin uitswem, gee jou nogal ‘n traan in die oog – of te wel dit het ons ‘n traan in die oog gegee.   Die hele doel van die dolfyn skou is om kinders en volwassenes te leer om ons see skoon te hou en nie onnodige goed soos papiere en plastiek in die see te gooi nie, want dit maak ons seediere seer en kan hulle dood veroorsaak.

Na die dolfyn skou het ons na die robbe skou gekyk.  Dit was net so oulik soos die dolfyn skou.  Dit is hartseer om te dink mense gooi rommel in die see wat hierdie pragtige seediere seer maak.

Hulle het 16 verskillende waterglybane vir families en kinders.  Ons het dit kinderlik baie geniet, mens sou dink ons het nog nooit voorheen ‘n waterglybaan gedoen nie.  Dit was baie pret gewees en die perfekte plek vir families om hulle kinders te bring vir ‘n pret tyd in Durban.  Jy kan dit sommer ‘n hele dag uitstappie maak en kom wanneer hulle oopmaak en weer huistoe gaan as hulle toe gaan.  Hoekom dan nou nie?  Daar is so baie om te doen by uShaka, van die akwarium tot die wet en wil park.

Hulle het die hoogste waterglybaan in Afrika in hulle Wet n Wild park.  Dit was ‘n belewenis gewees om van die hoogste waterglybaan in Afrika af te gaan.  Bietjie bangerig gewees, maar baie lekker toe dit klaar was.

Boek jou kaartjie op uShaka Marine World se webtuiste en geniet ‘n dag gevul met avontuur en pret.

Artikel Krediet