Koek & Koffie by Tessa’s Bakery

Ons het ‘n heerlike middag koek en koffie gehad by Tessa’s Bakery in Milnerton, Kaapstad.   Tessa’s Bakery het 25 jaar gelede begin uit Tessa se kombuis by die huis.   Hulle eerste winkel was oop gemaak in Montague Gardens in 2012.  Vanaf dan het hulle besigheid begin groei en het hulle besighede soos koffiewinkels regoor die Wes-Kaap verskaf met heerlike koeke, kolwyntjies en quiches.  Hulle het ook hulle eie aanlyn-winkel begin waar jy al hulle lekkernye aanlyn kan koop vanaf die gemaklikheid van jou eie huis of kantoor.

Hulle het begin met slegs 3 werknemers en het nou ‘n span van 20 werknemers wat passievol is oor koek en bak.  As jy Tessa’s besoek kan jy nie net heerlike soetigheid en koeke verwag nie, maar ook ordentlike koffie van Origin coffee.

Ons het die Red Velvet Cheesecake en ‘n Lindt Kolwyntjie gehad met twee Cuppucino’s.  Hulle koek is nie net smaaklik nie, maar ook vullend en lekker klam.  Hulle verkoop nie net koeke per sny nie, maar ook heerlike koeke vir spesiale geleendhede of as jy jouself wil bederf met ‘n hele koek.

Klik hier om hulle aanlynwinkel te besoek.

Artikel Krediet