Wen dubbel kaartjies na Wacky Wine Naweek

Wen dubbel kaartjies na die bekende Wacky Wine Naweek in Robertson vanaf 31 Mei tot 3 Junie 2018.  Hierdie fees trek almal van wynkenners, families en vriende wat van wynproe hou.  Wacky Wine Naweek is die jaar 15 jaar aan die gang wat ‘n fantastiese mylpaal is vir so ‘n groot fees.  Vyf-en-dertig verskillende wynkelders sal die jaar deel wees van die heerlike Sosiale naweek in die Robertson vallei.

Geniet musiek, kos stalletjies en heerlike platteland kos vernuf by die Wacky Wine Naweek.   Daar is ook vele aktiwiteite vir kinders om deel te neem in.  Kaartjies is beskikbaar op Webtickets teen R 200 per persoon.  Klik hier om na Wacky Wine Naweek se offisiële webblad te gaan vir meer inligting oor hierdie sosiale naweek.  Baie belangrik:  Moet nie drink en bestuur nie.  Drank word nie verkoop aan onder 18 jariges nie.  Maak seker jy hou altyd jou identiteit dokument by jou, indien jy jonk lyk en iemand jou dalk daarvoor vrae.  Ons beveel aan jy bly in die area en reël vooraf vervoer.

Onthou om onder in te skryf vir ons fantastiese Kompetisie waar jy ‘n kans staan om dubbel kaartjies kan wen.

SKRYF IN:
NAAM EN VAN

E-POS ADRES

TELEFOONNOMMER

EK AANVAAR DIE TERME EN BEPALINGS VAN DIE KOMPETISIE

 

Mooi Troues in Robertson_0020Mooi Troues in Robertson_0016Mooi Troues in Robertson_0028

TERME EN BEPALINGS:
  • Mooi Leefstyl hardloop die kompetisie namens die adverteerder en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise nie.
  • Jy moet ouer as 18 jaar wees om in te skryf vir die kompetisie.
  • Jy sal een dubbelkaartjie wen na die Wacky Wine Naweek vanaf  31 Mei tot 3 Junie 2018.
  • Geen drink en ry sal toegelaat word nie.
  • Jy moet in Kaapstad woon of wees gedurende 31 Mei tot 3 Junie 2018.
  • Die prys kan nie oorgedra word na iemand anders nie.
  • Die prys mag nie verruil word vir kontant of enige ander produk of dienste nie.
  • Die kompetisie sluit 24 Mei 2018 om 11 vm.
  • Die wenners sal op die blad aangekondig word en ook op sosiale media op 28 Mei 2018.
  • Klik hier vir Wacky Wine (die adverteerder) se eie terme en bepalings.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en jou ervaring mag nie noodwendig presies dieselfde lyk of wees nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die terme en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.

Vir meer inligting kontak Robertson Wyn Vallei se Kantoor op 023 626 3167 of stuur hulle e-pos na events@robertsonwinevalley.com

Mooi Troues in Robertson_0049