Boet Beer Roomys Resep met Neut Bros

Ons het ‘n boks Boet Beer gekry by Mira van Hot Oven Marketing om ons bekend te maak met die nuwe beer wat ‘n produk is van Van Loveren en Four Cousins 

Dit is toe waar ons die idee gekry het om ‘n heerlike bier roomys te maak met neut bros oor.  Wat is nou lekkerder as ‘n roomys en bier gemeng?  Dit is ook nie die enigste resep nie.  Ons gaan nog ‘n bier resep binnekort met julle deel wat ‘n bier en gesoute noga roomys resep sal wees.

Vir nou kan julle solank ons Boet Beer Roomys Resep met Neut Bros geniet.

Bestanddele:

  • 1x 340 ml bottel Boet Beer American Pale
  • ¼ koppie neute van jou keuse
  • ½ teelepel sout
  • ¾ koppie suiker
  • 6x eiergele
  • 470 ml slagroom (Whipped Cream)

Voorbereiding metode:

Stap1:  Gooi jou Boet Beer American Pale in ‘n souspan en kook tot dat die bier met omtrent die helfte verdamp.

Stap2: Klits jou eiergele, sout en suiker bymekaar en gooi die mengsel in ‘n pot.  Voeg die slagroom by en meng dit met jou mengsel.

Stap3:  Verhit die mengsel tot 82 grade Celsius.  Moet dit nie meer verhit nie, want die mengsel mag in roereier verander.  As jy nie ‘n temperatuur leser het nie, kan jy die mengsel kook vir min of meer 10 minute om by die temperatuur te kom.  Hou dit net heeltyd dop.

Stap4:  Jy kan die mengsel van die warm plaat afhaal as stap drie klaar is. As jy bang is daar is dalk stukkies roereier tussen jou mengsel, gooi die mengsel deur ‘n sif in ‘n ander pot waarin jy kan meng.  Gooi die bier en so ‘n kwart koppie neute in die mengsel en meng dit saam.

Stap5:  Plaas die pot met die mengsel binne onmiddellik in ‘n ysbad (water gemeng met klomp ys).

Stap6:  Sodra die mengsel omtrent 21 grade Celsius is, haal dit onmiddellik uit en gooi dit in ‘n bak wat jy in die vrieskas kan plaas oornag.

Stap7:  Wanneer die mengsel afgekoel het gooi dit vir 20 tot 30 minute in ‘n roomys masjien of probeer dit met die hand die heeltyd meng.  As jy nie ‘n roomys masjien het nie moet jy die roomys elke uur meng in die vorige stap vandag jy dit in die vrieskas geplaas het.

Bediening-voorstel

Vir die Neut Bros Boet Beer Roomys, kan jy die roomys in ‘n lekker groot roomyskegel bedien.  Gebruik ‘n heerlike neut bros en breuk dit in stukkies oor die roomys.   Geniet dit op ‘n lekker warm dag of as nagereg.  Klik hier vir ‘n heerlike neut bros resep.

Artikel krediet: