Prettige Meubels

Ons deel graag met Mooi Leefstyl se lesers die bekendstelling van DOVETAIL se mooi en kreatiewe meubels wat die kleinspan se kamers sommer baie pret sal maak.  Ons moedig graag ons lesers aan om die eg Suid-Afrikaanse besigheid te ondersteun en hul praktiese reeks produkte vergemaklik die lewens vir veral werkende moeders.  Dit is ook baie gemaklik om dié produkte aanlyn te koop.

Lees gerus ons onderhoud hier onder met DOVETAIL se stigter Rochelle Derksen.

Wie is die eienaar/stigter van DOVETAIL?

Rochelle Derksen, ek is ‘n mamma van 2 (amper 3), ‘n geregistreerde argitek en iemand wat net hou van enigiets mooi en kreatief.

Wat was die Inspirasie agter julle besigheid naam, DOVETAIL?

Die naam is ‘n terug verwysing na die houtwerk term “Dovetail joint”  maar was ook vir my speels in dat dit na ‘n Duif/ voëltjie verwys.

 

Is julle produkte eg-Suid-Afrikaans? 

Alle produkte word in Suid Afrika gemaak en vervaardig.  Ek werk met klein eenmansake en probeer so individue bemagtig en help terwyl ons saam aan die DOVETAIL handelsmerk bou.

Hoeveel verskillende produkte het julle? 

Ons grootste verkopers is ons verskeidenheid kleuter tafel- en stoel/sit opsies, maar ons is ook besig om meer klem op funksionele produkte vir stoor- en uitstal doeleindes te plaas.

Alhoewel ek vreeslik baie van die dekor/ inkleur van ‘n spasie hou, fokus ek deesdae meer op die groter meubeltjies as op dekor items, bloot oor ek nie kapasiteit het om aan alles op een slag te werk nie.  Ek is ook aan die stuur van my Argitek praktyk R.chitect Studio, so moet slim dink oor wat ek aanvat en wat ek eerder los.

Wat maak DOVETAIL anders as die res van die aanlyn winkels of winkels daar buite?

Ek fokus op ‘n skoon en praktiese reeks produkte wat ook my lewe as ma vergemaklik. Ek probeer om produkte wat regtig ‘n kleuter se lewe inkleur en bevorder te bied, terwyl dit steeds mooi is om enige plek in jou huis uit te stal

Ek hou eerder ‘n kleiner reeks aan, maar weet die items wat ek bied is van ‘n hoë gehalte en regtig funksioneel.

Waar kan ons lesers julle produkte koop?

Kyk gerus na ons aanlyn winkel: www.hellodovetail.co.za

‘n Paar items word ook deur Yummy Mommy and Baby in Parkhurst (Jhb) aangehou – Shop: 4th Ave & 8th St, Parkhurst, Johannesburg, 2193

Entrepreneurskap advies vir jong besigheid eienaars? 

Ons Suid-Afrikaanse mark is klein – probeer om nie te doen wat ander doen nie, maar indien iemand jou produk na-maak of kopieer, gebruik die kompliment as energie om nuwe en beter produkte te ontwerp en te lewer. Probeer uniek wees en altyd aan die voorpunt van die golf te wees eerder as om ander te volg of te kopieer.

Ek sukkel self met baie kompetisie in ‘n baie klein mark en al is daar dae wat ek wonder of dit werklik die moeite werd is is daar definitief ‘n gevoel van oorwinning/ vooruitgang wanneer ‘n mens ‘n dankie of mooi foto van ‘n installasie van ‘n kliënt af ontvang.

Hou oop en persoonlike kommunikasie lyne met jou kliënte, dit gaan baie ver J

Wees altyd nederig en sien kritiek as riglyne om te groei eerder as redes om op te hou doen wat jy doen.

Artikel krediet