Resensie: Canon EOS 7D MK II

Die Canon EOS 7D Mark II is ‘n digitale enkel-lens refleks kamera wat om September 2014 al bekendgestel het.  Die rede hoekom ons ‘n ouer kamera vandag hersien is die feit dat ons in die toekoms die nuwer modelle teen mekaar wil vergelyk.  Die tweede rede is dat nie almal ‘n splinternuwe model kan bekostig nie en die 7D Mark II teen billike pryse verkoop word vandag.   Die kamera gaan nou al vir 4-jaar oud, maar staan nogsteeds sterk in sy mark en ander modelle wat vandag vervaardig word.

Laat ons begin met die tegniese spesifikasies. Die kamera kom met ‘n 20.2 effektiewe mega-pieksel APS-C CMOS sensor, HD video-opname opsie en ‘n fantastiese soeker wat 100% akkuraatheid bied.  Sy 65-punt outofokus-stelsel wat fokus op hierdie lieflike kamera sommer maklik maak vir enige amateur of professionele fotograaf wat dit wil gebruik.

Die kamera beskik ook van ‘n USB 3.0 en ‘n ingeboude GPS sisteem.  Sy sluiter spoed kan tot en met 1/8000 ste van ‘n sekonde.  Die groter LP-E6N battery sal jou ook nie in die steek laat nie en kan baie werk doen voordat hy sal pap gaan.

Hierdie mag dalk ‘n ouer model kamera wees, maar bied jou nog baie dieselfde kwaliteit en vertroue as wat ‘n nuwe kamera sal doen.  Ons sal die kamer aanbeveel vir semi-professionele fotograwe en ook amateurs wat opsoek is na ‘n goeie gehalte kamera, wat nie die bank sal breek nie.

Ons het die kamera getoets vir 2 weke en dit was lieflik en lekker gemaklik gewees om rond te drae, dit is nie te swaar nie en voel gemaklik in jou hand.  Die kwaliteit foto’s wat die kamera lewer is fantasties en is definitief van ‘n goeie gehalte en ons kon sommer dadelik agter kom dat die kamera goed is in alle omstandighede.  Hy neem redelik goed af in donkerder omstandighede met bietjie van ‘n grein, maar niks erg nie.  Canon EOS 7D Mark II het ook ‘n ingeboude flits vir donkerder area’s of daai perfekte familie foto oomblik in die donker.  As jy opsoek is na ‘n bietjie meer lig kan jy ook ‘n addisionele Canon flits koop vir jou kamera.

Hy neem SD en CF kaarte, so jy kan albei die kaarte gebruik in die kamera.  Die 35mm lens wat ons saam met die kamera gekry het is fantasties.  Ons is mal oor vasgestelde lense, want hulle kan nie uit zoom of in zoom nie, jy moet fisies rond beweeg om die perfekte foto vas te vang.  Dit is perfek vir iemand wat bietjie meer kreatief wil wees en oulike foto’s skep.  Die lens is lekker klein en gemaklik om in jou sak te pas.  Dit is perfek om kleiner detail te skiet en ook portrette.  Met ‘n  f2.0 spoed sal jy ‘n lieflike diepte van veld hê en definitief goeie foto’s kan vasvang in donkerder omstandighede.

Artikel Krediet

  • Resensie – Günther Schubert