Gaan stadig in die Robertson-wynvallei

Goeie dinge neem tyd. Michelangelo se plafon-fresco in die Sistynse Kapel, die La Sagrada Familia in Barcelona, die Grand Canyon in Arizona – of dit oor ‘n tydperk van jare met net kerslig deur ‘n enkele kunstenaar geskilder is, of oor dekades deur groepe van bouers gebou is of oor eeue heen deur Moeder-Natuur haarsel uit klip gekap is, hierdie Tyd geëer voorbeelde van onfeilbare skoonheid het op dieselfde manier in die wêreld gekom – stadig.

Die twaalfde jaarlikse Slow Food & Wine-fees is ‘n manier vir die produsente van die geliefde Robertson-wynvallei om hul geloof in ‘n stadige leefwyse te deel met kos- en wyn-entoesiaste wat immersieve ervarings wil geniet en verkies om die platteland te verken teen ‘n rustige pas.

Vertel my meer!

Teen hierdie tyd sal jy weet dat die Robertson-wynvallei langs die beroemde Route62 een van die mooiste plekke in Suid-Afrika is om werklik uitstekende wyne, legendariese natuurskoon en plaas-vars kos te vind. As jy egter deur hierdie fassinerende streek op reis na ‘n ander bestemming gaan, sal jy spuit wees en goeie dinge misloop.

Dit is waarom die vallei se voornemende produsente besluit het om te stop, saam te werk en ‘n platform te skep vir besoekers wat ‘n loer agter die gordyn wil aanpak, die vervaardigers ontmoet, stadig dinge regkry en ‘n 360 ° ervaring wil geniet van  Ashton, Bonnievale, McGregor en Robertson.

Uitstekend, maar wat beteken dit?

Vir een naweek, in die hart van die winter, elke jaar druk die vallei se geliefde wynmakers en kos verskaffers die boot uit om u te verwelkom.  Dit sluit alles in van etes langs die vuur in die tuiste van die vallei se wynmakers tot wyn en aandete in ondergrondse kelders, wynproe, kos- en wyn paring asook wildritte, perd uitstappies en bootritte.  As dit lekker, inspirerend, verfrissend of net reguit pret is, vind jy dit op die lys van moet doen goed

Laresa Perlman PhotographyLaresa Perlman Photography

Wanneer en hoe bespreek ek?

Bespreek jou kaartjies binnekort – die fees kan miskien stadig by die naam wees, maar die vertroude bywoners is vinnig soos ‘n sweep!  Elke ervaring kan individueel bespreek word, sodat jy op eie maat en smaak die fees kan ervaar.  Die Sondag is die familie-mark gratis, so voel vry om met die hele gesin vir die dag uit te ry.  Die res van die 2018 fees gebeurtenisse kan aanlyn bespreek word by robertsonslow.com

Waar moet ek bly?

Die vallei is wonderlik in die winter, en jy moet daar uitkom en verken.  Akkommodasie opsies: www.robertsonwinevalley.com

Kontak Robertson-Wynvalei

Sosiale media skakels & hutsteken om te volg vir kaskenades

@RobertsonWineV

#RobertsonSlow #SlowFoodandWine #TastetheLifestyle #CountryLife #CelebrateRobertson