Koffie met ‘n klap

Ons glo sterk daaraan om iets nuut te probeer en toe ons op LINGO COFFEE™ koffie se advertensie op Instagram afkom het hul naam dadelik ons aandag getrek en so het ons toe kontak gemaak met Donovan Washe, die Stigter van LINGO COFFEE™ koffie.  Hulle koffie is heerlik.  Ons het gaste oor gehad toe ons LINGO COFFEE™ se koffie geproe het en almal het eers lekker gelag dat die trane rol oor hulle koffie se name.  Toe ons die koffie proe was ons verstom oor die goeie gehalte van die koffie bone.  Die sterkte en smaak was perfek gewees.  Dit het ook nie ‘n nasmaak gehad nie, behalwe dat dit heerlik was.  Koffie speel ‘n groot rol in Mooi Leefstyl span se daaglikse roetine en sonder goeie koffie sal ons nie ons eerste oggende vergaderings kan maak nie.  LINGO COFFEE™ koffie het beslis goeie gehalte koffie en jou gaste sal mal wees oor die name op hulle verpakking.

Gestig in November 2017 is LINGO COFFEE™ koffie skaars ‘n jaar oud, maar ons is Verseker dat dié koffie se handelsmerk die tonge beslis laat klap.

Donovan deel graag dat hy menige maal teleurgesteld, of in sy eie woorde Gatvol, was met koffie wat hy in restaurante bedien was en sy eie koffie begin maak vir almal wat soos hy van ‘n goeie koppie koffie hou.  Een nag het sy gedagtes gemaal en het hy besef dat ons as Suid-Afrikaners so groot verskeidenheid van plaaslike dialek het en wou hy verskeie koffie maak om te pas by sy gunsteling woorde.

Huidiglik het hul vyf verskillende koffie versnitting wat se sterktes gemeet word in “klappe” (sterktes).  Jy sal dit onder aan die verpakking sien.  Hulle bied ‘n 3, 5 en 8 “klappe” met 15 name onder die drie versnitting aan.  Die 9-uit-10 “klap”, die “MAMPARA” is hul bekende kafee versnit en word gebruik in baie koffie winkels en laastens (Donovan se gunsteling) met 10-uit-10 klappe is die “PK” en die naam is vanselfsprekend vir die koffie wat jou ‘n behoorlik klap gee…

Donovan is bevoorreg om ‘n span gekwalifiseersde ambagsmanne te hê wat sy koffie vir hom brou.  Hy was self die proefkonyn en het vir dae met ‘n “buzz” rondgeloop van te veel goeie koffie proe.  Dit is vir hom baie belangrik om self die proe werk te doen en nou kan hy met trots sê, volgens sy eie opinie, dat LINGO COFFEE™ koffie die beste koffie op die mark is.

Hulle beplan om hul handelsmerk uit te brei, maar kwaliteit is vir hul van uiters belang en weier hulle om hul standaarde te laat daal.  Hulle is baie kieskeurig met watter kleinhandelaar hul besigheid meer gaan doen, want hul wil nie hê hul koffie moet net op die rak sit en nie vars bly nie.  Hulle is wel besig om stalletjies my meer verskillende markte te hou.

Donovan se filosofie en raad aan entrepreneurs is dat as dit jou opgewonde maak, gaan daarvoor, wees 100% toegewyd aan kwaliteit hoë handelsmerk standaarde.  Hulle het baie finansieel winsgewende aanbiedings gehad om hul handelsmerk baie vinnig te laat groei, maar hul het gekies om baie selektief te wees op hul vennootskappe, want Donovan wil nie visie verloor oor hoekom hy in die eerste plek die handelsmerk begin het nie, om ‘n hoë gehalte koffie te lewer wat baie mense kan geniet oor verskillende gesprekke.

Daar is wel die nuut gelootse “Larney Chai Latte” en “Hectic Hot Chocolate” met dieslefde hoe standaarde as die koffie.

Ons het al baie warm sjokolade gedrink, maar dit is gewoonlik te soet of proe te sterk na kakao.  LINGO COFFEE™ se Hectic Hot Chocolate is nie net lekker nie, maar dit het ook die perfekte balans.  Daar is niks lekkerder as ‘n warm koppie warm sjokolade gemaak met volroom melk.  Die perfekte manier is ‘n koppie melk wat twee minute lank in die mikrogolf warm gemaak met 3 tot 4 teelepels Hectic Hot Chocolate.   Alhoewel jy die kakao proe is dit nie teveel nie.  Dit is ook nie te soet nie, maar dit het ‘n soeterige smaak, so jy hoef nie suiker by te gooi nie.  Partymaal kan warm sjokolade drankies te veel suiker in hê, wat dit ook nie lekker maak nie.  So in kort, jy sal mal wees oor LINGO COFFEE™ se warm sjokolade. 

Dan kom ons by die “Larney” Chai Latte.  Wel hieroor weet ons nie eens wat om te sê, behalwe dat dit fantasties was nie en jy die verskillende elemente wat ‘n Chai Latte maak geproe het.  Dit is lekker om die elemente te proe en nie net iets wat proe soos poeier en min of meer soos ‘n Chai Latte nie.  Die smaak is heerlik en dit het ook ‘n effense soetigheid, so jy het nie nodig vir suiker nie.

Soos ons aan die begin van dié artikel gesê het is hul baie aktief op Sosiale Media, so Mooi Leefstyl se lesers moet asseblief hulle reis volg op Facebook: Lingo Coffee SA  en Instagram: Lingo_Coffee