‘n Unieke Winkel Ervaring

Ons by Mooi Leefstyl deel graag met ons lesers al die mooi dinge waarop ons afkom en vandag deel ons met julle ‘n nuwe winkel in Pretoria wat unieke dekor items verkoop!   Die winkel, met die naam The Grey Horn Artistry, is in Menlo Park winkel Sentrum en het op 1 Maart 2018 hul deure oopgemaak.

Net vyf maande oop moedig ons Mooi Leefstyl lesers aan om hallo te gaan sê en hul te ondersteun.  Vir ons lesers wat nie by die winkel kan uitkom moet asseblief tog op die The Grey Horn Artistry se aanlyn winkel gaan inkopies doen.

Jacques van Rooyen die Stigter en eienaar vertel ons meer oor die besigheid en die inspirasie agter The Grey Horn Artistry: “Ons het na ietsie uniek verlang wat n moderne kombinasie van Beeste Dekor en verskeie Kunstenaarskap onder een dak goed sal uitspel, “The Grey Horns Artistry” het toe voorendag gekom.”

‘n Winkel ervaring wat jy nog nooit beleef het nie wag vir jou wanneer jy The Grey Horns Artisty besoek, soveel vee- en botaniese doek-druk fotografie wat skitter van al die mure, die mees gesogte unieke Huis Dekor vir daai spesiale kopie en dan praat ons nie eens van al die verskeidenheid mode bykomstighede wat beskikbaar is nie.

Daar kom ook weekliks nuwe produkte in en dus is daar ‘n groot verskeidenheid van Huis Dekor beskikbaar, onder andere…. doek-druk fotografie, Nguni bees velle, pottebakkery, klein huis versiering stukke, kombuisware, klein meubel stukke en ietsie vir die groen vingers.

Daar is selfs natuurlike produkte vir die Skoonheid bewustes en mode bykomstighede vir mans en dames.

Jy kan selfs iets daar laat raam en die span deel ook graag hul raam vernuf met die gebruik ban Kiaat Hout.

Hulle is baie trots daarop dat al hul produkte eg Suid-Afrikaans is en met baie liefde van n paar gesogte vakmanne, ontwerpers en pottebakkers gemaak word hier reg onder ons neuse in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad en Durban.

Die fotograaf van al hul vee doek-druk en botanies doek-druk is wel van Nieu-Seeland, sy is gevestig op ‘n plaas en skiet graag fotografie van haar en haar vriende se vee en dan is ‘n paar botaniese kiekies ook ‘n gunsteling.

As jy hul al besoek het in die winkel, sal jy reeds weet dat elke bees ‘n naampie het van die boer, net ietsie wat hom of haar net ‘n bietjie meer uniek maak.  So daar is nóg ‘n rede om ‘n draai in die winkel te gaan maak.

Jacques deel ook graag advies aan entrepreneurs wat graag hul eie projek wil begin: “Ek is myself nog ‘n klein vissie in ‘n groot bak wat onlangs eers n besigheid begin het, Sosialiseer graag met ander besigheid eienaars, hou my oog op sosiale media en probeer my bes om elke dag ‘n gesogte winkel merk te skep.”

Volg dié handelsmerk op jou gunsteling sosiale media platvorm