Voeg bietjie persoonlikheid by jou tuiste

Almal is lief om hul huis met mooi goedjies te versier en ons by Mooi Leefstyl wil graag ons lesers bekend maak met Swagger Collective en die produkte en dienste wat hul bied.

Swagger Collective het begin met ‘n juwele reeks, en Swagger beteken om vol selfvertroue te wees, of bykomstighede met selfvertroue te dra.  Die fokus het van juwele na huishoudelike dekor items gegaan in 2013, maar hul het besluit om die naam te hou aangesien ons al ‘n lojale kliënte basis gehad het; En om ‘swag’ tot jou huis te ‘add’ is nooit ‘n slegte ding.

Tharien Strydom het die besigheid in 2009 begin terwyl sy voltyds gewerk het as Binnehuis-ontwerper.  Tharien het die besluit geneem om in 2011 voltyds tyd aan haar eie besigheid te spandeer.  Die besigheid se hele visie het verander: van waar hul net produkte gemaak het lewer hul nou dienste ook.

Swagger Collective het tans 50 produkte op hul aanlyn winkel te koop en daar is 3 afdelings: Plant- & Huisware en Baba’s.  Hul het hul standaard produkte maar ontwerp ook spesifiek vir kleinte se spesifieke behoeftes, areas & geleenthede/ gebeurtenisse.  Al die produkte word deur Tharien ontwerp & al die produkte word in Pretoria vervaardig.

Alhoewel al die produkte aanlyn beskikbaar is, kan hul ook direk gekontak word vir samewerking, hul is mal daaroor om saam ander kreatiewe nuwe produkte te ontwerp/ontwikkel.  Al hul produkte kan ook aangepas word tot elke kliënt se spesifieke behoeftes.

Tharien deel ook wysheid met Mooi Leefstyl se lesers: ‘Deursettingsvermoë is die sleutel tot sukses.  Party dae is erg moeilik maar die vryheid om vir jouself te werk & te doen wat jou hart bly maak, maak alles die moeite werd.”

Kliënte kan direk aanlyn bestel, of ons direk epos met vrae/bestellings.

Webwerf: www.swaggercollective.co.za of per e-pos  hello@swaggercollective.co.za

Volg Swagger Collective op jou gunsteling Sosiale Media platvorm:

Artikel Krediet

  • Foto’s verskaf deur Swagger Collective