FROST POPSICLES verras met Vyf nuwe geure!

FROST POPSICLES, die pioniers van Suid-Afrika se gesogte alkohol-yslollies, verwelkom die somer met oop arms en ’n hele nuwe reeks yslollie-geure, wat ook die handelsmerk se eerste alkoholvrye skeppings insluit.

“Ons is so verheug met die groei wat ons oor die afgelope twee jaar ervaar het,” sê Natasha Fagri, wie Frost Popsicles saam met haar sakevennoot, Jon-Marc De Carvalho, ontwikkel het. “Toe ons die produk in September 2016 bekend gestel het, het ons net twee wyn-yslollies – die Tranquille en Brut PJ Pops™ – gehad, wat in 26 winkels in twee provinsies te koop was. Vandag het ons só uitgebrei, dat ons nou 10 yslollie-geure in meer as 50 winkels, in drie provinsies, beskikbaar het. Dit is ook deur ons aanlyn-winkel beskikbaar.”

Hierdie innovasie en uitbreiding is beslis aangevuur deur die snelgroeiende aanvraag deur Suid-Afrikaners, wat smag na die smaak van hierdie gevriesde lekkerny. Die koors het nou al buite die Suid-Afrikaanse grense ook posgevat, sê De Carvalho. “Ons voer nou na Mauritius en Botswana uit en het al na Singapoer uitgevoer. Ons is ook besig om ander internasionale markte te ontgin, so hou gerus hierdie spasie dop!”

Dit het beslis gehelp om ’n vinger op die pols van die internasionale en nasionale markte te hou en sodoende het Frost Popsicles altyd ’n kortkop voor gebly.

“Geure en smake verander voortdurend,” sê Fagri. “Ons was – en is steeds – die eerste Suid-Afrikaanse maatskappy wat hierdie alkoholiese yslollies ontwikkel en ons stel elke jaar ná marknavorsing nuwe yslollie geur-innovasies bekend en hoop ons teikenmark geniet dit.”

Frost Popsicles is beslis dié pasmaat vir ’n heerlike o-so-lekker somer, met die bekendstelling van vyf nuwe yslollie-geure.

Eerste aan die beurt is die heerlike Passion Fruit & Peach Margarita yslollie, wat van 100% natuurlike perske- en grenadella geur-ekstrakte gemaak is. Die vrugtige geure van die Esperanza Agave-spiritus van Hope on Hopkins vorm die bases van die yslollies. Hierdie bekroonde Kaapstad distilleerdery het ook die twee handgemaakte gins vir die G&T Yslollies wat Frost in Augustus 2017 bekend gestel het, gemaak.

“Ons hou regtig daarvan om die grens te verskuif met ons geur profiele en waar dit skemerkelkies aangaan, kan jy ’n bietjie meer eksperimenteer,” verduidelik De Carvalho. “Suid-Afrikaners is mal oor grenadella en dit is ideaal saam met die perske en Esperanza-spiritus. Dit is ’n pragtige tropiese kombinasie.”

Hoewel die nuwe klassieke geurprofiel van hierdie vruggedrewe margarita onmiddellik vir plaaslike tonge bekend sal wees, verskuif die Blood Orange Screwdriver yslollie die grense, om deel te vorm van die internasionale leefstyl-neigings.

“Ons hou nie daarvan om voorspelbaar te wees nie,” sê Fagri. “As jy na die groot oorsese markte kyk, is dit duidelik dat vodka beslis die volgende groot spiritus-neiging gaan wees. Baie mense ken die Screwdriver as ’n klassieke skemerkelkie, maar ons wou ons eie nie-tradisionele kinkel daaraan gee.”

Hierdie sitrus bom – wat met natuurlike bloedlemoen geur-ekstrak gemaak is en met Hope on Hopkins se handgemaakte vodka gemeng word – sal aan enige geleentheid ’n skeutjie sexy aansien bring.

Maar die opwindendste is die drie nie-alkoholiese yslollies, wat nou deel vorm van die Frost Popsicles portefeulje – ’n splinternuwe marksegment vir Fagri en De Carvalho.

Die Pomegranate, Grapefruit & Hibiscus yslollie sal op warm somersdae ’n ware treffer wees, met sy ryk robynrooi kleur en verfrissende soetheid wat goed gebalanseer word met die pomelosap se vars suur.

Net so treffend is die Peach, Strawberry & Banana yslollie. Soos die Pomegranate, Grapefruit & Hibiscus yslollie, is die Peach, Strawberry & Banana ook uit egte vrugtesap-mengsels gemaak en propvol voedingswaarde: ’n gesonde gevriesde bederf.

Laaste, maar beslis nie die minste nie, is die heerlike Vanilla Coffee yslollie. Dit bestaan uit melkpoeier, egte Madagaskar vanielje-ekstrak en ’n gourmet koffiemengsel van Avanti Coffee, “Hierdie yslollie proe soos ’n ware vanielje freezochino!” straal De Carvalho. “Ons hoop almal gaan so mal daaroor wees soos ons!”

Die nuwe reeks ‘skoon’ yslollies voldoen aan ’n snelgroeiende mark-behoefte. Die Peach, Strawberry & Banana en Pomegranate, Grapefruit & Hibiscus yslollies is die perfekte keuse vir die jongspan of verwagtende mamma’s, terwyl die Vanilla Coffee yslollie die ideale, dekadente, alkoholvrye bederf is.

“Ons was die afgelope 18 maande verbaas oor hoeveel mense alkoholvrye Frost Popsicles wou hê,” sê Fagri. “As jy in jou gemiddele supermark instap, bevat die enigste opsies dikwels kunsmatige kleursel, geursel en hope suiker.”

Die hele Frost Popsicles-reeks word van natuurlike bestanddele gemaak, is laag in kalorieë en bevat geen kunsmatige geurmiddels, kleurmiddels of versoeters nie. En behalwe vir die Vanilla Coffee yslollie, is al die ander Frost Popsicles suiwelvry en veganis-vriendelik.

“Ons glo mense soek natuurlike produkte,” voeg Fagri by. “Ons het nog altyd met die Frost Popsicles gepoog om ’n reeks gevriesde lekkernye, sonder die kunsmatige bestanddele, te skep. Dis moontlik om iets heerlik te maak, sonder om die gemors in te sluit.”

Die nuwe geure is – net soos die huidige Frost Popsicles-reeks – in gesofistikeerde, ten volle herwinbare 100ml yslollie-buisies verpak. Met die bekendstelling van die alkoholvrye Frost Popsicles, het ’n hele nuwe wêreld van verspreidingskanale geopen.

Die volledige Frost Popsicles-reeks is beskikbaar in uitgesoekte, bestaande Frost-handelaars in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng, terwyl die nuwe alkoholvrye yslollies ook as enkel-geur, vierpak kartonne by uitgesoekte supermarkte en gesondheidswinkels, waaronder Wellness Warehouse, te koop sal wees. Frost Popsicles kan ook per boks aanlyn bestel word en die volledige lys verskaffers is beskikbaar by www.frostpopsicles.com

Volg @FrostPopsicles op Facebook & Twitter en @frostpops op Instagram.

 

Artikel Krediet