Skoonma geïnspireer deur die ongewone

Unieke klere is iets wat so moeilik is om deesdae te vind.  Nie meer nie!  Skoonma is hier en jy kan elke dag op jou beste lyk in klere wat nie massa-vervaardig word nie.  Skoonma is ‘n een in sy soort aanlyn klerewinkel en die breinkind Leandie du Randt Bosch.   As ‘n spontane, energieke mens is Leandie passievol daaroor om elke dag die beste weergawe van haarself te wees en wil sy so eerlik en eg as moontlik aan haar siel lewe; vertel Leandie.

Die klere wat jy dra is ‘n wonderlike manier om jouself, en hoe jy voel, uit te druk en met die wêreld te deel.  Dit is die hele wese van hierdie winkel.  Om die oomblik stel hulle drie eksklusiewe items bekend elke twee weke.  Hierdie eksklusiewe items is altyd vinnig uitverkoop, so ons beveel aan om in te teken vir Skoonma se nuusbrief deur hier te klik en af te blaai na onder aan hulle tuisblad.  So sal jy dan eerste laat weet word per e-pos wanneer ‘n nuwe item bekendgestel word.

 

Sy was altyd omring met materiale, teksture en die klanke van klere wat gemaak word deur haar Ma.  Leandie du Randt se ma het baie mense beïnvloed en geïnspireer deur die mooi klere wat sy gemaak het en haar ma het so baie vaardigheid en talent gehad.  Die idee van handgemaakte klere het meer en meer aanloklik vir Leandie geraak soos sy gegroei het tot haar eie identiteit.  Die idee om iets te skep wat vir die wêreld gewys kan word het vir haar ‘n lieflike idee geword.   In vandag se lewe waar alles massa vervaardig word is dit moeilik om klere te kry en ‘n styl te skep wat eie is aan jou hart en menswees.

Leandie wou graag geleenthede skep vir kleremakers en ontwerpers wat uitrustings moet skep om hulle siel lewendig te hou.  Sy wil ook haar ma se nalatenskap laat voort leef.

Al maak dit haar hartseer om te weet sy kan dit nie vandag met haar ma deel nie, weet Leandie dat haar ma haar gelos het met een groot nalatenskap,  van baie mooi dinge waarmee hulle kan werk en vir dit sal Leandie altyd dankbaar wees.

Sy wil ander inspireer deur ‘n lewe van dankbaarheid te leef.  Leef in die oomblik van nou en bring die mooi dinge van die verlede saam op jou reis.

 

Die begin van Skoonma:

Wanneer dit by mode en styl kom is spaarsamige inkopies vir Leandie soos skatte jag.  Dit is ‘n wonderlike manier om elemente van vorige eras by haar uitrustings te voeg.  Sy het baie komplimente begin kry oor items wat sy gedra het wat uit tweedehandse winkels kom en mense wou weet waar sy dit gekoop het.   Toe besef sy dat daar ‘n behoefte is aan tweedehandse styl items maar met ‘n vars uitkyk en meer moderne  aanraking.

Sy wou graag klere skep wat sy op sosiale media platvorms gesien het vanuit Eurpoa en Amerika en wat sy graag wou hê maar nêrens in Suid-Afrika kon vind nie.

Haar liefde vir mode en die herlewing van retro straat styl het haar laat dink en laat droom…  en dit is net hier wat Skoonma begin het.   Dit sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning en ongelooflike aanmoediging van haar familie en mentors soos Kobus Rautenbach nie.

 

Die Skoonma Aanlynwinkel:

Skoonma is ‘n klerereeks ontwerp en geskep deur, eienaar Leandie du Randt Bosch.  Haar skoonma het haar gehelp met die eerste twee reekse in 2017, en daarom die naam, hulle was gelukkig genoeg dat dit so vinnig gegroei het dat hulle Leading Edge in George begin gebruik het om die klere te vervaardig en by te bly by die aanvraag.  Hierdie fantastiese span dames help Leandie om een van haar drome uit te leef. Onder die leiding van die baie talentvolle Ennie Smith wat die patrone en voorbeelde maak vir hulle reeks.

Skoonma Pasgemaak

Skoonma het ook ‘n pasgemaakte opsie waar hulle soms van hul skeppings  spesiaal sal maak volgens jou mates teen addisionele kostes.  Om van hierdie opsie gebruik klik hier vir meer inligting.

As jy van ‘n vintage straat styl hou en geïnspireer word deur die ongewone sal jy tuis voel in ‘n skoonma skepping.  Dit is ‘n klassieke viering van mode, die lewe en JOUSELF.

Loer gerus bietjie rond in Skoonma se aanlyn-winkel, daar is baie om te ontdek.  Skoonma hou van bykomstighede en het ‘n paar fantastiese en baie mooi opsies beskikbaar asook Leandie du Randt Bosch se self-help boek en jaarlikse Dag Beplanners.  Alle Skoonma items maak lekker geskenke en mooi Instagram fotos.   Hulle het ‘n #lookofthemonth elke maand waar die persoon wat die beste uitgevat is in ‘n Skoonma uitrusting ‘n aanlyn geskenkbewys, 2 bottels wyn van Hermanuspietersfontein en ‘n Aramex Couriers promosie pakkie kan wen.

Skoonma wil vir jou die geleentheid skep om jou klerekas heeltemal jou eie te maak, uniek soos jy is.  Skoonma gee jou ‘n kans om dinge te dra wat jou mooi en selfversekerd laat voel.

Alle Skoonma items word in beperkte hoeveelhede gemaak.  Ons wil graag eerder unieke produkte van kwaliteit skep as om dieselfde items oor en oor te skep wat elke tweede mens in die straat dan het.  So as jy iets uniek soek is Skoonma die winkel waar jy dit gaan kry.

Volg gerus Skoonma se reis ook op jou gunsteling Sosiale Media Platform

Artikel Krediet:

  • Foto’s:  Nico Welgemoed, Lizette Uys en Mila Guy