‘n Luukse bagasie & bykomstighede winkel in Canal Walk

Met vakansie tyd wat nou al hoe nader kruip wil ons graag met Mooi Leefstyl se lesers ‘n nuwe winkel in Canal Walk deel.  Die vooraanstaande internasionale premier reis bykomstighede en lewenstyl handelsmerk, TUMI, het ‘n nuwe winkel in Canal Walk winkel sentrum geopen.  Die ander tak is in Sandton City wat ook onlangs opgeknap is.

Saam die hoe kwaliteit bagasie en reis sakke, bied TUMI winkels ook besigheid sakke- en reis bykomstighede soos baadjies en elektroniese toerusting aan. Die nuwe winkel in Canal Walk is die eerste TUMI-winkel in Kaapstad, wat verbruikers in staat stel om in die  omgewing sy wêreldklas produkte te ervaar.

“Die TUMI-handelsmerk is wyd bekend in sy Amerikaanse mark, sowel as in Europa, as ‘n eksklusiewe produk. Om dié rede het ons besluit op die eksklusiewe ligging van Canal Walk, wat ‘n hoë persentasie internasionale besoekers aantrek, sowel as  Suid-Afrikaanse reisigers, “sê Tom O’Flaherty, besturende direkteur van Tumi Southern Africa.

Vir meer inligting, besoek TUMI se webwerf deur hier te klik