Resensie: Canon EOS 6D Mark II kamera

Canon is een van die grootste kamera vervaardigers in die wêreld en jy sal nie ‘n slegte besluit maak om enige een van hulle produkte te koop nie.  Almal het verskillende goed wat hulle in ‘n kamera soek.  Ons het ‘n week met die Canon EOS 6D Mark II kamera spandeer.

Die Canon EOS 6D Mark II is ‘n digitale enkel-lens refleks kamera wat perfek is vir amateur fotograwe wat besig is om hulle portefeulje op te bou en ook vir professionele fotograwe wat opsoek is na ‘n tweede kamera.  Die kamera is groot, maar nie te groot om rond te dra nie.

Die Canon EOS 6D Mark II het ‘n 26 effektiewe megapieksel APS-C CMOS sensor met Dubbele Pieksel outofokus.   Wat hierdie kamera so lekker maak om te gebruik is die feit dat dit ‘n ingeboude Wi-Fi funksie het waar jy foto’s deur kan stuur na jou rekenaar of tablet toe en ook van die kamera se funksies kan beheer daardeur. Die kamera het ook ‘n NFC en Bluetooth funksie.  In kort as jy ‘n kamera soek met die nuutste kommunikasie tegnologie om foto’s sonder enige kabels rond te stuur dan is die een perfek vir jou.

Alhoewel die kamera nie ‘n elektroniese oogstuk het nie, is sy optiese oogstuk redelik akkuraat.  Elektroniese oogstuk begin meer en meer gebruik word deur kamera vervaardigers, maar meeste kameras kom nogsteeds met optiese oogstuk, so dit maak nie die kamera enigsins minderwaardig as ander op die mark nie.

Die kamera se ISO begin by 100 en kan gaan tot-en-met 40 000.  Dit is nogal indrukwekkend.

Dit het ‘n optiese beeldsoeker, alhoewel dit nie elektronies is nie, is dit nogsteeds omtrent 98% akkuraat.  Die lekker groot drie duim raakskerm is ‘n Vloeibare Kristal Vertoning (LCD).

Die Canon EOS 6D MK II model het nie ‘n ingeboude kamera flits nie, maar jy kan maklik ‘n Canon flits koop en dit deel maak van jou kamera toerusting.  Die kamera se flits se sinchronisasie is 1/180 sekondes.

Die Canon EOS 6D MK II se sluiter spoed is sowat 6.5 rame per sekonde en die video funksionaliteit op die kamera is ook glad nie sleg nie en het ook ‘n digitale stabilisering in.

Met ‘n lekker groot drie duim Vloeibare Kristal Vertoning skerm wat jy met die vinger kan raak en beheer sal jy vir ‘n feit lekker kan sien hoe jou foto’s lyk voordat jy dit aflaai.   Die feit dan die kamera se skerm ook kan beweeg en omswaai is perfek.  So kan jy bietjie kreatief raak met jou foto’s sonder om te veel uit jou pad te gaan en op die grond te gaan om te sien wat jy afneem nie.  Jy kan net die kamera laer of hoër hou en dan die skerm buig dat jy perfek kan sien.  Dit is ook lekker groot vir wanner jy video wil neem met die kamera.  Die kamera het ‘n Volle Hoë Definisie (HD 1080p) video funksionaliteit en ‘n ingeboude digitale stabiliseerder om jou beeld stabiel te hou.

Battery-lewe is altyd iets waarna ons kyk as ons ‘n kamera wil koop.  Dit help nie die kamera is fantasties nie, maar die battery is swak nie.  Met die Canon EOS 6D MKII  kan jy sowat 1200 foto’s neem voordat jy die battery moet herlaai.

Inkort:  Dit is ‘n fantastiese kamera vir iemand wat opsoek is na ‘n kamera wat amper gebruik kan word as ‘n professionele kamera, maar nie so kragtig is soos ‘n professionele kamera nie.  As jy die kamera wil gebruik vir pragtige foto’s van familie, vriende, wêreld reisie ens. is dit die perfekte opsie vir jou.  Onthou jy moet ook in ag neem dat jy lense moet koop vir die kamera om dit te kan gebruik.

Die 24 tot 70 mm Makro lens wat ons saam met die kamera gebruik het is die perfekte algemene lens as jy opsoek is na ‘n goeie lens, wat jy in meeste omstandighede sal kan gebruik.

Artikel Krediet

  • Foto’s geneem en Resensie geskryf deur Günther Schubert van Vorsprung Studio