Resensie: Canon Power Shot SX740 HS

Ons het die Canon Power Shot SX740 HS vir ‘n toetslopie geneem en is baie opgewonde om ons ervaring met jou te deel.   Laat ons begin met die buite struktuur van die kamera.  Hierdie is nie net ‘n kragtige klein kamera nie, maar ook elegant en duursaam ontwerp.  As jy die kamera sien, sal jy verstaan wat ons bedoel.  Ons het ‘n silwer model gehad met bruin omhulsel wat onmiddellik die kamera ‘n duursame gevoel gee.

Die Canon Power Shot SX740 HS is ‘n 20.3 mega pieksels digitale kamera met ‘n CMOS sensor wat perfek is vir amateur fotograwe wat opsoek is na ‘n kompakte kamera wat sommer maklik in ‘n klein handsak kan inglip en altyd by jou kan wees indien jy ‘n kamera nodig het.  Die kamera het ‘n ingeboude 24mm wye lens wat ‘n 40x optiese zoom het.   Die kragtig DIGIC 8 prosesseer sal seker maak jou foto’s prosesseer vinnig deur die kamera.

Die LCD kan ook ‘n 180 grade ombuig wat dit perfek maak om ‘n foto van jouself of ‘n groep mense te neem terwyl jy jouself kan sien in die prentjie, sonder om iemand anders te vrae of die foto in fokus is of nie.  Die kamera neem ook 10 rame per sekondes as jy foto’s reg agter mekaar wil kry, wat baie indrukwekkend is.

Die kamera het ook ‘n Bluetooth en WiFi funksie.  In kort as jy ‘n kamera soek met die nuutste kommunikasie tegnologie om foto’s sonder enige kabels rond te stuur dan is die een perfek vir jou.

Die lekker groot LCD maak seker dat jy ‘n goeie beeld kan sien van jou onderwerp wat jy besig is om af te neem.  Die Canon Power Shot SX740 HS het ‘n ingeboude flits wat teen ‘n spoed kan sinkroniseer van sowat 1/2000 sekondes en het ook ‘n funksie wat help met rooi oe.   Die flits werk vanaf slegs 50cm en tot-en-met vyf meter.  So jy het geen rede om ‘n donker foto te hê nie.  Die flits is mooi weggesteek aan die bo-kant van die kamera en kom slegs uit wanneer jy voel dit nodig is.

Hierdie kompakte kamera het verskillende groottes wat hy foto’s kan afneem en dit begin by 2432 px wyd en gaan tot-en-met sowat 5184 px wyd.  Jy kan ook die verskillende funksies gebruik om foto’s te neem soos outomaties en dan in die “Met-die-hand’ opsie kan jy self jou verstellings maak soos jou sluiterspoed en f-stop ens.

Video:  Jy sien reg ja!  Hierdie klein kompakte kamera het ‘m 4K video funksie wat fantasties is vir sy grootte.  Dit beteken jy hoef nooit weer ‘n lelike video te hê nie.   Dit kan ‘n redelike lang video opneem van tot en met amper ‘n halfuur.  Wat sal jy nou regtig afneem wat meer as ‘n halfuur op ‘n dag neem.

Ander funksies wat hy insluit is jou GPS koördinate en hy het ook ‘n Histogram sodat jy kan seker maak jou kleur en helderheid van jou foto is perfek. Hierdie opsie is slegs beskikbaar as jy na die foto kyk, nadat jy dit geneem het.  Die kamera het ook ‘n “self-afteller”  in wat 2, 10 of self gestelde aantal sekondes kan duur.

Die kamera se battery krag kan tot-en-met 265 foto’s neem en as jy hom in Eco-Mood gebruik tot en met 370 foto’s.  Dit is goed as jy die grootte van die kamera se battery in ag neem en die aantal funksies wat hierdie kamera moet hardloop soos die WiFi, Zoom, Prosesseerder ens.

In Kort:  As jy opsoek is na ‘n klein kamera wat jy altyd op jou kan drae dan is die Canon Power Shot SX740 HS die perfekte model vir jou.  Hy is kompak en kragtig en neem goeie foto’s en video’s.  Dit is ‘n moderne kamera met moderne funksies soos ingeboude WiFi, wat dit baie vergemaklik om foto’s te stuur van die kamera na jou rekenaar of slimfoon.  Die kamera insluitende die battery en geheue kaart weeg slegs 299 gram.  Dit is letterlik amper niks!

Artikel krediet

Resensie geskryf en foto’s geneem deur Günther Schubert