Van rekenaar tot ring

Ashley Heather is die stigter van Ashley Heather Jewellery.  Die besigheid was gestig in 2011 met ‘n heeltemal ander besigheid in gedagte as wat dit vandag is.  Sy het in haar motorhuis begin met langure van eensaamheid.

Ashley het daardie tyd gedink, dit is hoe dit vir altyd sal wees.  Net sy wat ontwerp, maak, bemark en alles tussen deur, dit is hoekom sy besluit het op die naam Ashley Heather.

Hulle konsep is baie uniek en dit is wat vir ons uitgestaan het.  Hulle werk eksklusief met Silwer en Goud wat herwin word van stroombaan borde soos die wat in rekenaars gevind word.  Hulle glo daarin om nie net noukeurig vervaardigde erfstuk stukke nie, maar ook vir ‘n wêreld waarin hulle dit in kan geniet.  Dit is so belangrik dat jy deesdae produkte koop wat nie net mooi lyk nie, maar wat jy weet waar dit vandaan kom en hoe dit gemaak word.

Hulle ontwerp tydlose juweliersware in hulle studio in Woodstock en ontwerp ‘n verskeidenheid juweliersware van eenvoudige oorbelle tot spesiale ontwerper stukke vir spesiale okkasies en ook trouringe.  Hulle het klaargemaakte juweliersware en sal met graagte spesiaal iets vir jou ontwerp, indien jy nie iets sien maar dit dalk effens anders wil hê.

As jy in Kaapstad woon, of besoek, gaan besoek gerus hulle studio by 302 Albert Road in Woodstock.  By Mooi Leefstyl hou ons daarvan om dinge vinnig en moeiteloos aanlyn te doen, so as jy soos ons is, besoek hulle aanlyn winkel deur hier te klik.

Advies vir jong entrepreneurs:  Weet wat jy wil hê, maar meer belangrik, weet hoekom jy dit wil doen.   Om ‘n besigheid te bou is ‘n wilde rit, maar as jy duidelikheid het oor jou doel in die mark, is die op en af van die bedryf baie makliker om te hanteer.

Volg gerus Ashley Heather Jewellery op Instagram, Facebook en hulle webtuiste.