Sugar & Vice se ondeund & mooi produkte

Ons is baie opgewonde om vandag die werk van Sugar & Vice met jou te deel.  Hulle monochronies uitkyk van hulle ontwerpe maak ons baie opgewonde, want dit beteken dit sal by alles pas.  As jy mal is oor detail lyne en pragtige illustrasies, dan sal jy ook ‘n groot aanhanger wees van Sugar & Vice se werk.

Sugar & Vice was gestig deur Natalie Van Dijk in November 2014 en haar nooiensvan was Vice, so dit was ‘n groot invloed in die naam van haar besigheid en dan is daar bietjie “Sugar & Vice; ondeund en mooi” in die ontwerpe soos byvoorbeeld die Proteas en Kopbeen.  Sugar & Vice is ‘n aanlynwinkel wat handgemaakte keramiek huisware en produkte maak om jou te help om ‘n mooier leefruimte te skep.    Hulle het altesaam twaalf produkte met verskillende ontwerpe op, wat ‘n totaal van omtrent sowat 170 produkte is.  Van botter bakkies, eier kelkies, koffie koppies, kaartjies, vase en vele meer.

Sugar & Vice se ontwerpe word alles deur Natalie geteken insluitende die ontwerpe wat op alle produkte gedruk word.  Die keramiek produkte word ook self met die hand gemaak uit gips in Kaapstad.

Natalie se Inspirasie kom van die natuur, snaakse sê dinge en ook van haar eie troue.  Sy dink aan oulike ontwerpe wat sy as persoon self sal wil koop.  As jy belangstel en meer wil weet, klik hier om hulle Webtuiste te besoek of volg Sugar & Vice op Instagram en Facebook.

Advies vir jong entrepreneurs vanaf die stigter van Sugar & Vice:

“Wees bereid om baie hard te werk! Begin klein, doen baie mark navorsing, maak seker jou produk is uniek en help jou kliënte ‘n probleem op te los, kry ‘n professionele fotograaf om fotos van jou produkte te neem en skryf ‘n bitsigheid plan.”