Alex & Marla leer sakke vir enige geleentheid

Ons gesels vandag met Leanda Trautman die stigter en eienaar van Alex & Marla.  In Novemer 2015 het Alex & Marla begin verkoop aan kliënte, na ‘n omtrent ‘n jaar se voorbereiding.  Alex & Marla is die name van Leanda se twee dogtertjies, Alex en Marla.  Leanda se droom is dat albei, of een van die twee dogters, die besigheid sal oorneem in die toekoms en dit weer oordra na die volgende generasie.  Dus ver stel albei baie belang, maar wie sou nou nie in hul Ma se skoene wou loop as sy leer handsakke ontwerp en vervaardig nie.

Alex & Marla se  reeks bestaan tans uit nege stylvolle sakke van verskillende grotes, asook vier bykomstighede.  Leanda het seker gemaak dat daar ‘n sak is vir elke geleentheid, dag, nag of plesier. Vir die dames wat net die benodigdhede rond dra, sal ‘n Crossbody of Saddle ideaal wees en vir die wat bietjie meer wil rond dra, sal hulle beste verkopers, die Tote of Duffel perfek wees.  Voeg ‘n dames beursie en grimering sakkie by om jou sak mooi te komplimenteer en om jou versameling volledig te maak.

Mans is ook nie van vergeet, vir hulle is daar ‘n Messenger of ‘n aktetas, met ‘n mans beursie en sonbril houer, om seker te maak hulle lyk stylvol vir werk.  Die van julle wat hou van sakke pak en reis, is ook in vir ‘n fees. Die Weekender is ontwerp as ‘n hand bagasie vir reisie oorsee, die sak is nie te groot of te klein, maar net die perfekte grootte.  As jy soos meeste vrouens is en hou van baie pakplek, dan is die Traveller beslis jou metgesel.

Alex en Marla vervaardig ‘n eg Suid Afrikaanse produk en spog graag daarmee.  Hulle reeks se leer word spesiaal vir hulle gelooi deur een van die oudste looierye in die land, Mossops, wat in 1846 gestig was.  Hulle produksie werkswinkel is geleë buite Gansbaai op ‘n familie plaas, in die prentjie mooi Overberg omgewing.  Al hulle sakke word daar vervaardig deur die Alex & Marla span.  Dit is ‘n stadige proses, maar uit en uit die moeite werd vir die end resultaat.

Alex & Marla verskaf tans geen produkte aan winkels, net om seker te maak hulle kliënte ontvang nie net die beste prys vir ‘n hoë gehalte produk, maar ook top diens wat hulle altyd oor gekomplimenteer word.  Lesers kan gerus Alex & Marla se webwerf besoek deur hier te klik om hulle hele reeks te aanskou.  Daar is beslis ‘n ietsie vir almal.  Die span is ook altyd beskikbaar om te help met inligting of selfs watter sak jou benodigdhede sal nakom.

Volg Alex & Marla gerus op Facebook, asook Instagram om seker te maak jy mis nie uit op enige promosies nie.  Hulle geniet dit baie om ‘n ekstra geskenkie aan hulle kliënte te gee oor die fees seisoen.

Leanda se advies vir entrepreneurs wat hulle eie besigheid wil begin of bestaande besigheid wil groei: “Vind jou passie en gaan daarvoor met jou hele hart.  As dit iets is waar jy mense kan dien en vir hulle vreugde oordra, sal jou besigheid floreer.  Glo in jouself en jou produk en moet nooit laat mense jou jou drome laat betwyfel, net jy weet watter paadjie jy loop en waar daai paadjie jou sal bring eendag.”

Artikel Krediet: