Moderne verwyderbare muurpapier

Kristin en haar man, Darran, het KIN Design & Print begin in 2018.  Hulle het besluit om ‘n besigheid te begin toe hulle na 12 jaar terug gekom het vanaf Engeland waar hulle so lank gebly het.

Hulle fokus was om hulle eie muurpapier besigheid te groei omdat dit iets uniek en prettig is.  Hulle reeks kan ook heeltemal aangepas kan word om jou ontwerp voorkeure te pas.

Muurpapier is baie mooi en dit regtig ‘n spasie heeltemal anders laat vertoon en ook ‘n lugspieëling gee van meer spasie as wat daar is as jy dit reg gebruik.  Jy kan dit ook verander soos jy wil, dit is nou as jy KIN Design & Print se muurpapier gebruik.

Hulle het verwyderbare muurpapier, wat ‘n materiaal gebaseerde tekstiel is met ‘n goeie gehalte drukwerk.  Dit maak dit maklik vir jou om muurpapier orals te hê en sodoende ook deur die jare, want soos tendense verander en kinders groei, so verander jou smaak ook.  KIN Design & Print maak dit maklik vir jou om ‘n nuwe muurpapier in die plek van jou bestaande KIN muurpapier te sit.

Hulle streef daarna om hulle ontwerpe altyd te verbeter en is gefokus op kliënte diens, wat definiet vir ons ‘n groot pluspunt is.  Dit help nie die produk is mooi, maar daar is nie kliënte diens nie.

KIN Design & Print se advies vir entrepreneurs:

As entrepreneur sal jy baie foute maak.  Aanvaar hulle, leer van hulle en groei.  Daar sal baie uitdagings wees en dit is belangrik om beide vasberade en geduldig te wees.   Ons het in ‘n relatief kort tydperk baie geleer.  Om eerlik te wees, dit was ‘n baie stresvolle tyd vir ons, maar dit was ook baie lonend.  Ons kry kwaliteit tyd saam met Ivy, ons dogter, wat ons nie kon doen met  ‘n 9-5 werk nie. Ons werk ook elke dag saam, wat soms baie uitdagend kan wees.

Jy kan hulle ontwerpe aanlyn koop, klik hier om hulle aanlynwinkel te besoek.  Volg hulle op Facebook en Instagram.  Indien jy meer wil weet oor hulle muurpapier stuur ‘n e-pos na: hello@kindesignandprint.com

  • Foto’s verskaf deur KIN Design & Print