‘n Vinnige peuselhappie by Soet on the go

Ons het by Soet on the go in Durbanville gaan kuier vir heerlike koek en koffie.  Soet on the go is die kleiner suster van die bekende Soet Society Café wat ook geleë is in Durbanville en het 5 Desember 2018 hul deure oopgemaak.

Soet on the go is vir die van julle wat gou wil stop vir ‘n ligte ontbyt of middagete, brood, koek vars sap , heerlike koffie, slaai, ‘n broodjie of hulle heerlike reeks deli produkte wat hulle self maak soos hulle Franse mayo, Basielkruid mayo, Brandrissie puree, Gekarameliseerde-ui, Bernaisesous en slaai sous. Dit is maklik om met die verby ry iets te gryp.  Dit is alles oor gerieflikheid by Soet on the go.

 Zillah Brits is die brein agter die SOET handelsmerk en ook die stigter van Soet on the go.  Ons het met Zillah gesels dat sy vir ons meer verduidelik waaroor die nuwe konsep gaan.

 

Wat is die storie agter Soet on the go?


Ons kombuis by Soet Society Café het uit sy nate gebars en ons moes dringend ‘n plan maak vir spasie ons te bak en ons spyseniering van af te produseer vir ons aanlyn winkel www.soetcakes.co.za en dit het regtig uitdagend geraak in Soet Society Café se kombuis spasie gewys.  So toe dink ek dit sal goed wees om al Soet se lekkernye en produkte soos koek, brode, heerlike gebak, allernye soetighede en souttighede van quiche, groot of klein, asook vinnige weg-neem wraps, slaaie, broodjies, smoothies, 100% vars gedrukte sappe en warm drankies aan die publiek beskikbaar te stel by ‘n winkel wat effe kleiner is, maar perfek vir die “haastige” kliënt wat inkopies in die dorp doen en gou in kom vir koffie en vars artisan broodjie by ons kry met slaai vir vanaand of koek vir die spesiale geleentheid.

Entrepreneurskap advies vir jong besigheid eienaars?


Doen waarvoor jy lief is en waarvoor jy ongelooflik baie passie het.  Wys jou passie in jou werk, sit al die ure in wat dit verg om ‘n sukses te maak.  Omring jouself met positiewe mense, moenie luister na mense wat negatiefs en jou afraai om jou passie en droom te volg nie, as dit maklik was het almal dit gedoen.  As jy bang is “het geloof”, wie nie waag nie wen nie.  Wees konsekwent in wat jy doen, altyd.

Volg Soet on the go op Instagram , Facebook en Pinterest.  As jy in die Durbanville area is en opsoek is na iets om vinnig en lekker om te eet, loer in by hulle winkel by 11A Village Square, Soet Lifestyle Center in Durbanville.

Artikel Krediet:

  • Fotograaf:  © Alle regte voorbehou deur Vorsprung Studio