Bly georganiseerd met ‘n stylvolle beplanner

Alexa Lily verkoop ‘n verskeidenheid skryfbehoeftes om jou lewe te vereenvoudig. Hul vlagskip produk is Your Weekly Edit 2018, wat hul pragtige weeklikse beplanner is.  Hulle het ook ‘n reeks simplistiese notaboeke en pragtige goudfoelie-gedetailleerde nota-kaarte.

Alexa Lily is geskep deur twee vriendinne Anel van der Merwe en Jennifer Attwood-Smith in Oktober 2016.

Alexa en Lily is die tweede name van Jen se pragtige tweeling dogters.  Die tweeling was by Anel en Jen elke dag in die begin-dae van die besigheid en het so ‘n groot deel van hulle dae gevorm.  Hulle is so baie lief vir die twee meisiekinders.

Alexa Lily kyk na ontwerp en dekor tendense, maar hulle hou regtig by hul gevoel wanneer dit by die ontwerp van hul produkte kom.  Hulle het albei ‘n minimalistiese ontwerp styl en het ‘n duidelike idee van die begin wanneer ‘n produk geskep word.

Wat Alexa Lily so uniek maak, is ‘n kombinasie van ‘n paar dinge.  Dit is ongelooflik belangrik vir hulle om produkte wat pragtig en funksioneel is, te skep. Dit is die kern van hul handelsmerk. Maar hulle is ook baie gefokus op die maak van produkte van hoë gehalte. Hul notaboeke lyk nie net mooi nie, maar hulle moet van die beste gehalte wees wat jou sal hou deur alledaagse gebruik. Hulle is baie trots daarop dat al hul produkte in Suid-Afrika ontwerp en gedruk word – hulle glo jy kan nie beter kwaliteit kry as wat ons in ons land bied nie.

Ongelukkig is persoonlike ontwerpe nie op die oomblik moontlik nie.

Alexa Lily wil graag begin met die maak van lewenstyl bykomstighede soos handsakke en dalk dekor stukke vir die moderne huis. Die toekoms lyk opwindend baie opwindend!

Advies wat hul aan entrepreneurs kan gee is vertrou jou gevoel. Jy het die besigheid begin, so jy weet waar jy dit wil neem. Bly van die begin af georganiseerd wees!

Mooi Leefstyl se lesers kan Alexa LIly se aanlyn-winkel besoek en is die beste en maklikste manier om ‘n van hul produkte in die hande te kry! Besoek dadelik www.alexalily.co.za

Hulle verkoop ook ‘n beperkte reeks produkte in Poetry winkels landwyd, sowel as die museumwinkel by die Zeitz MOCAA.

Volg asseblief Alexa Lily op Instagram (@alexalilyshop).  Hulle is lief vir Instagram as ‘n platform om met verbruikers kontak te maak en wil graag met jou gesels!

    Artikel Krediet:

    • Fotos verskaf deur Alexa Lily