‘n Ontspannende middag by Brahman Hills

KwaZulu-Natal se Midlands is nie net prentjie mooi nie, maar bied ook baie genot vir die plaaslike reisiger.  Met hulle groen grasperke en pragtige berg uitsigte is dit enige iemand van die stad se droom wegbreek plek.

Brahman Hills is geleë reg langs die populêre Midlands Kitchen, waar ons self twee keer gaan eet het.  Klik hier om meer te lees daaroor op Mooi Leefstyl.  Ons het die eerste keer gegaan vir middagete en die tweede keer op pad terug Kaapstad toe vir ontbyt.

Brahman Hills is ‘n oulike wegbreek plek vir families en paartjies wat opsoek is na ‘n wegbreek plek sonder die stad se gejaag en waar jy omring word deur die natuur en natuurlewe.

brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham roadbrahman hills hotel nottingham road

Verblyf:

Hulle het verskeie verblyf opsies beskikbaar by Brahman Hills, van hotel verblyf tot luukse selfsorg eenhede.  Van die eenhede het ook hulle eie borrelbad op die stoep.  Die perfekte ontspanning plek waar jy die natuur en wilde diere om jou kan geniet.

brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road

Spa:

Die middag het ons gegaan vir ‘n 90-minute vol-lyf masseur sessie by Spa at Brahmans Hills.  Hulle spa is definitief ‘n unieke en luuks ervaring.  Die groot ronde ruite waar jy uitkyk op die heuwels van groen landerye is definitief nie iets wat jy orals sien nie.  Ons het begin met ‘n vol liggaam skrop en asemhaal oefeninge met olies om jou ekstra kalm te maak.  Daarna het ons in twee groot baddens met roosblare in die water ontspan en die liggaam skrop afgewas.  Na die lekker ontspan sessie het ons gegaan vir ons masserings.

Jaun het ‘n warm klip massering gehad en Günther het ‘n diep weefsel stres-verligting massering gehad.  Die omgewing en die geluid van lopende water by die masseur-kamer het dit meer genotvol gemaak.

Daar is niks regtig naby aan die spa nie en al wat jy hoor is die voëls.

brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road

89 on Copper:

Na ons massering het ons aandete by hulle fynproewer restaurant, 89 on Copper geniet.  Dié restaurant is in ‘n wynkelder gebou met slegs beperkte aantal gaste vir aandete op ‘n slag.  Dit skep ‘n baie gesellige omgewing wat perfek is vir ‘n heerlike aandete saam met spesiale vriende, familie of paartjies.

Aandete was ‘n voorgereg van mossels en murgpampoentjies.  Hoofgereg het ons ‘n Lam-skenkel gehad en nagereg was ‘n lip-lek-lekker kaaskoek en brownie.

Alhoewel dit ‘n oulike fynproewer restaurant is, is hulle kos porsies lekker groot.

brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road

Brahman Café:

Hulle het ook die Brahman Café waar ontbyt, middagete en aandete bedien word en is ook ‘n familie-vriendelike restaurant wat oop is vir gaste en ook die publiek om te geniet.

brahman hills hotel nottingham roadbrahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road

Bespreek jou wegbreek:

As jy die KwaZulu-Natal se Midlands-area wil ervaar moet jy jou wegbreek bespreek by Brahman Hills.  Klik hier om hulle beskikbaarheid te kyk op hulle webtuiste op stuur hulle ‘n e-pos.

brahman hills hotel nottingham road brahman hills hotel nottingham road

    Artikel Krediet: