Ons kuier by Lanzerac Hotel & Spa

Ons het die bekroonde en luukse Lanzerac Hotel & Spa besoek en in een van hulle opgeknapte kamers oorgeslaap.  Lanzerac is die perfekte luukse romantiese wegbreek vir besigheid, wittebrood of sommer net ontspanning.  Die nuut opgeknapte standaard kamers is van die hoogste standaard met hoë kwaliteit afwerkings en ondervloerse verhitting, Charlotte Rhys geriewe, akkomodeer ‘n groot victoriaanse bad, ruim stort en ‘n verhitte handdoek reëling om die luukse van ‘n warm handdoek altyd tot jou beskikking te hê.  Koffie in ‘n hotelkamer is vir ons altyd ‘n belangrike ekstra bonus.  By Lanzerac het hulle die ekstra stap geneem en heerlike Nespresso masjiene in die kamers installeer.  Die geur van ‘n heerlike goeie kwaliteit koffie in die gerief van jou eie kamer is op sigself mos ‘n lekker bederf.  Lees gerus meer in die onderste artikel oor Lanzerac en ons ervaring by die hotel en wynlandgoed.  Daar is letterlik te veel goeie goed om te noem in een artikel maar gaan gerus deur ons fotos wat hul eie storie van alles wat Lanzerac bied, sal vertel.

Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung StudioLanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0004

Meer oor Lanzerac Hotel & Spa se luukse kamers

Elke kamer het ‘n buite area waar jy kan sit en ontspan langs die binnehof swembad area.  As dit by slaap kom, dan kan jy jouself voorberei op ‘n baie goeie nagrus onder luuks linne en ‘n lekker sagte matras.

Lanzerac het vele opsies beskikbaar vir die paartjie wat wil ontspan.  Mooi Leefstyl het seker gemaak dat hulle ‘n goeie brokkie hiervan in kry.  Daar is 3 buite swembaddens, wandel paadjies op die plaas en ook fietsry roetes beskikbaar. Een van ons gunsteling areas is agter die hoofhuis bo Lanzerac.  Daar kan jy ontspan langs ‘n groot swembad met ‘n ingeboude borrelbad.  ‘n Groot goed versorgde grasperk en tuin saam met die mooi argitektuur van die herehuis is ook ‘n lus vir die oog.

Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0006 Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0008

Tuine en Herehuis:

As jy iemand is wat lief is vir die natuur, sal jy ‘n baie heerlike tyd hê by Lanzerac. Die mooiste natuur tonele met wandel paadjies is gesetel om die eiendom.  Wingerde en lowergroen bome en gras omring die landgoed.  Die berge om Stellenbosch is van die mooiste in die Boland en  ‘n mooi uitsig daarvan kan van die landgoed gesien word. Hier smelt luuks en natuur saam in perfekte harmonie vir enige persoon om te waardeer en te geniet.

Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0010 Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio
Trou Venue

Jy kan eenvoudig nie Stellenbosch Wynland misloop vir die mees romantiese en onvergeetlike troue nie.  Lanzerac se nuut opgeknapte Cellar Hall bied die kapasiteit om tot 140 gaste te onthaal.  Die Kaapse-Hollandse herehuis sorg vir ‘n asemrowende agtergrond vir alle seremonies en buitelug onthale.  Lanzerac waarborg ‘n onvergeetlike viering gekenmerk deur wêreldklas gasvryheid en eksklusiewe persoonlike diens .

Lanzarac Hotel and Spa_0012 Lanzarac Hotel and Spa_0013

Wynproe:

Lanzerac is bekend vir hulle topgehalte wyne.  By die akkommodasie ingesluit is ons op ‘n  “Premium Range” wynproe en kelder toer geneem. Die “Premium Range” wynproe opsie sluit in Sauvignon Blanc, Chardonnay, Merlot, Pinotage en Cabernet Sauvignon. Gwen het ons baie tuis laat voel asof sy ons elke dag sien.  Die personeel se gemaklike gasvryheid staan uit by by Lanzerac,  nie net by die wynproe lokaal nie, maar ook by die hotel en restaurant. Lanzerac het verskillende wynproe opsies beskikbaar insluitende ‘n “Heritage Tasting,” Wine and Chocolate tasting” en ook hul “Alma Mater Tasting.”

Jy kan enige dag gaan vir ‘n wynproe by Lanzerac.  Hulle wynproe lokaal is oop van Maandag tot Sondag.  Sondag oggend na ontbyt het ons op ‘n groep kelder toer gegaan waar Gwen die hele maak proses en bietjie oor die geskiedenis van Lanzerac uitgebrei het. Ons was ‘n groot groep mense op die toer maar Gwen kon steeds elke persoon se vrae persoonlik beantwoord sonder om enige tyd te mors.

‘n Interessante feit is dat Lanzerac die heel eerste plaas was wat Pinotage kommersieel gebottel en verkoop het aan die publiek. As jy ‘n wynkenner is sal jy weet dat Pinotage ‘n eg Suid-Afrikaanse wyn is wat deur Professor Perold ontwikkel was.

Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0015 Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0018 Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0020 Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0023 Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio
Spa:

Die spa is gesluit op die oomblik omdat hulle besig is om die hele spa area oor te bou en op te knap.  Die spa sal later in die jaar weer heropen. Gaste kan nog steeds heerlike ontspanne spa sessies geniet op hulle tydelike opslaan spa area.

Lanzarac Hotel and Spa_0025 Lanzarac Hotel and Spa_0026 Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio

Eet en Ontspan:

Lanzerac het verskeie restaurante om van te kies as jy honger is.  Formele etes en  vinnige peuselhappie is beskikbaar.  Jy het ‘n keuse van die,  Governors Hall Restaurant, The Terrace Restaurant, The Lady Anne Courtyard (wat deel is van die Governors Hall restaurant), Die Taphuis Bar en Esquire Whiskey & Cigar Bar.

The Craven Lounge is amper soos ‘n huis weg van die huis.  Dis gemeubileer met antiekhede, ‘n Grand Piano en ‘n kaggel vir die koue wintersaande. The Craven Lounge is die perfekte plek om net ‘n heerlike koppie tee te geniet terwyl jy iets lees  of sommer net met vriende wil kuier voor of na aandete.

Lanzarac Hotel and Spa_0028 Lanzarac Hotel and Spa_0029

Lanzerac Hotel & Spa se nuwe “standaard” kamers is oorgedoen en onder is ‘n paar foto’s van die kamers om jou ‘n idee te gee van die luuksheid en gevoel van die luukse hotel.

Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzerac Hotel & Spa Vorsprung Studio Lanzarac Hotel and Spa_0035 Lanzarac Hotel and Spa_0036

Artikel Krediet: