Life & Leisure Gastehuis is perfek vir ‘n wegbreek

Jaun en Günther was vir ‘n naweek genooi deur Margie Potgieter, die eienares van Life & Leisure Gastehuis.  Die gastehuis se adres is in die bekende Van Riebeeck Straat van Stellenbosch.  Lekker sentraal geleë is dit die perfekte wegbreek plek wanneer jy in Stellenbosch gaan kuier.

Arriveer by Life & Leisure Gastehuis:


Ons het Vrydag daar aangekom en was baie vriendelik verwelkom. Vars tuisgebakte Appeltert se reuk het ons na die eet area begelei.  Dit was regtig aangenaam verras oor die mooi dekor van Life & Leisure Gastehuis.

Margie het ons baie trots ingelig dat sy Kuns studeer het op Stellenbosc.  Sy het haar kennis gebruik het om die gastehuis se dekor self te doen.  Günther is ‘n binnehuis- en argitektuur fotograaf.  Hy kon nie wag om sy kamera op te stel en begin kiekies neem nie.  Gaan kyk hier na meer van Günther se werk deur hier te klik.

Terwyl ons smul aan die tuisgebakte Appeltert het die portiere ons bagasie op geneem na ons kamer toe.

Ons Kamer:


Ons was opgewonde om ons kamer vir die naweek te sien en ons asems was weg geslaan met die grote van ons kamer.  Die kamer het sy eie kombuis afdeling wat baie netjies in ‘n kas gebêre is – met eetgerei, glase, kroeg-yskas en ‘n mikrogolf om iets warm te maak.

Elke kamer van Life & Leisure Gastehuis kom standaard met luuksheid – Lugreëling, elektriese  kombers, DSTV en hoë gehalte beddegoed wat my laat uitsien het na ‘n lieflike nagrus.

Life & Leisure bedien nie aandete nie, maar soos ek voorheen genoem het is die gastehuis baie sentraal geleë en het ons sommer op voet na ‘n restaurant geloop wat deur Life & Leisure se vriendelike Concierge diens aanbeveel was.

Stellenbosch wemel met lewe en die dorp is besig en elke kroeg en eetplek het ‘n gesellige atmosfeer.

Ontbyt by Life & Leisure Gastehuis:


Na ‘n wonderlike nagrus het ons mae die volgende oggend omtrent gegrom en ons het af gehaas na die ontbyt lokaal waar ons oë eers bederf was met kleur!  Life & Leisure Gastehuis belowe ons smaakkliere was ook behoorlik bederf met ‘n vyf-ster ontbyt.

Ons het bietjie te veel geëet en toe besluit om die kos af te loop.  Toe het ons na die Stellenbosch se Botaniese tuin gegaan en die natuur om ons geniet.  Ons het veral die Bonsai kwekery vreeslik geniet en was verbaas oor hoe oud van daai boompies is!

Daarna deur al die interessante winkels geloop en gaan soek na alles wat mooi is en daar is omtrent iets vir almal.

‘n Bonus punt vir Life & Leisure is dat ons nêrens heen hoef te gery het nie en sodoende oefening gekry terwyl ons motor veilig geparkeer is.

Lui-Lekker ontspanning:


Ons het die Saterdag middag ‘n lui-lekker in die sit area gesit.  ‘n Boek gelees terwyl ons ‘n warm sjokolade gedrink het.  Die swembad het vreeslik aanloklik gelyk.  Ons was nou nie so braaf om ons baadjies te verruil vir ons swembroeke nie.

Ons het ook opgelet dat daar ‘n konferensie lokaal is, so dit is ideaal vir daardie besigheid afsprake in die dag voor jy die aand ontspan langs die swembad of Stellenbosch se strate plat loop.


    Artikel Krediet: