Ons besoek Monkeyland & Birds of Eden

Ons het Monkeyland & Birds of Eden besoek toe ons gaan kuier het by Tsala Tree LodgeKlik hier om ons ervaring in die luukse boomhuise te lees.  Ons het die naweek ons skedules omtrent gevul met aktiwiteite tussen Knysna en Plettenbergbaai.

Monkeyland & Birds of Eden is sowat 53km na Knysna en so 24km na Plettenbergbaai.  Die reis is absoluut die moeite werd!

Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa

Ons het eers Monkeyland besoek en was begelei deur Vijver wat baie kennis vol was ons beter vertel het oor elke soort apie, hul geaardhede en wat hul uniek maak.

Ons wil heel eerste klem lê dat Monkeyland die wêreld se eerste vrylopende multi-spesie primaat reservaat is en dat geen van die apies aangehou word vir aanteel doeleindes of finansiële voordeel nie.  Die Reservaat strek oor 12 hektaar wat toelaat dat die apies vrylopend in die habitat kan rondbeweeg, speel en hul word glad nie in ‘n hok gehou nie.  Enigste tye wanneer die apies in hokke gehou word is as hul gerehabiliteer word, dit is waar voorheen mishandel apies, laboratorium ape, vorige troeteldiere en dieretuin bekend gestel word en vrygestel word saam verskillende spesies ape in dieselfde reservaat.  Gelukkige einde aan die hartseer stories!

Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa

Hier is ‘n lys van die aap species wat ons gesien het en ‘n kortlikse beskrywing by wat hul uniek maak:

  • Hanuman Langur is afkomstig van Indië en word bestempel as die “Monkey God” in Hindu.
  • Spectacled Langur en hul dieet bestaan sowat 58% van blare.
  • Verwet Monkey is die enigste spesie in die reservaat wat kan en daarvan hou om te swem.
  • Spider Monkey se arms is langer as sy bene en sy duim is verder van sy ander vingers om te sorg dat hul met gemak tussen die bome kan swaai.
  • Hooded Capuchin het ‘n reputasie om die mees intelligente aap spesie te wees.
  • Black Howler  is geken deur hul stem wat tot 5km ver gehoor kan word!  Hul babas word geslag dimorfies met ‘n blond kleur gebore, maar die mannetjies se kleur sal na swart verander en hemeltaal swart wees as hul volwasse is en hul eie familie kan begin.

Soos bo genoem ons het net aan die feite geraak en ons beveel Mooi Leefstyl lesers om self Monkeyland te besoek en al die informasie self te leer.

Monkeyland Primate Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa

In Desember 2005 het Monkeyland die wêreld se grootste vry-vlug voëlhok befonds, nes Monkeyland was Birds of Eden gebou met die doel om duisende voëls te rehabiliteer.  Kort daarna het Monkeyworld en Birds of Eden die grootste toeriste aantrekking in die Wes-Kaap geword.

Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa

Vir die Mooi Leefstyl lesers wat hou van voëlkyk sal dit ‘n absoluut bederf wees waarmee jy jouself letterlik vir ure kan besig hou!

Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa

Ons het soveel voël spesies gesien dat daar absoluut te veel is om te noem, maar die Flamingo’s, Goue Fazant, Kruishoutpatroon, Bloukraanvoël, Mahem, Knysna Loerie; net om ‘n paar te noem was ons gunstelinge.

Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa

Vir ‘n opvoedkundige familie uitstappie beveel ons aan om die reservate te besoek.

Birds of Eden Free Flight Sanctuary, Plettenberg Bay, South Africa

Nog ‘n bonus is dat jy kaartjies kan koop wat nog ‘n reservaat insluit en dit is Jukani waar jul groot katte kan sien van Tiere, Leeus, Luiperds en vele meer.

So Permit is geldig vir ‘n jaar so jy hoef nie al drie reservate op een dag te doen nie en sodoende kan jy jou tyd neem om alles moontlik te leer.

Jukani Wildlife Sanctuary Jukani Wildlife Sanctuary

Artikel Krediet