Handgemaakte leerskoene van uit Suid-Afrika

By Mooi Leefstyl is ons mal oor skoene, veral mooi leerskoene.  Ons gesels vandag met Nell van der Merwe, die stigter en eienaar van SixKings Brand.

Hy vertel dat hy van kleins af ‘n liefde het vir leerskoene en het konstant gesoek na die perfekte paar.  In matriek het hy begin werk aan sy eie reeks.  Hy het dit eers probeer maak deur ander fabrieke, maar het later in 2018 sy eie werkswinkel begin.

 handmade leather shoes south africa

Vertel ons meer van die produk


SixKings Brand is gebaseer op ses konings of koninkryke, waarvan die eerste reeks, die Vikings, beskikbaar is om te koop.  Daar is nog vyf ander reekse op pad, so hou ‘n oog op hulle sosiale media en aanlyn winkel vir meer nuus daaroor.

Elke paar skoene word met die hand gemaak, dit is hoekom daar ‘n wagperiode van tussen 1 en 2 weke is.  SixKings Brand se skoenmakers is almal hoogs gekwalifiseerd en doen werk van die hoogste gehalte.

Dit is vir ons by Mooi Leefstyl belangrik, ons sal eerder ‘n tydjie wag en ‘n goeie gehalte skoen ontvang as wat jy nou in ‘n winkel inloop en ‘n mas geproduseerde skoen koop wat elke tweede persoon dra.

handmade leather shoes south africa

Is daar ‘n na-diens op die produk?


Hulle is ‘n trots Suid-Afrikaans maatskappy en bied ook ‘n lewenslange waarborg en diens op hulle leerskoene.

Termes en Bepalings geld.

handmade leather shoes south africa

Waar kan ons die produk koop?


As jy in Pretoria is, het SixKings Brand huidiglik ‘n winkel by The Village, Hazelwood, Pretoria.  Einde April maak hulle ‘n volgende SixKings winkel oop by Randsteam ontwikkeling, Richmond, Johannesburg.

Vir diegene wat nie in Gauteng provinsie bly nie, kan ook hulle skoene aanlyn koop deur hulle aanlyn winkel:  www.sixkingsbrand.com.

handmade leather shoes south africa

Enige advies aan jong entrepreneurs?


Nell se advies aan jong entrepreneurs: “Laat die besigheid oorspronklik en organies groei.  Wees altyd bereid om te leer;  Luister na goeie raad.  Jy gaan foute maak, maar gebruik dit en moet nooit opgee nie.  Vertrou jou oorspronklike visie!”

handmade leather shoes south africa handmade leather shoes south africa

Word sosiaal


Volg SixKings Brand op Facebook en Instagram.

handmade leather shoes south africa

Artikel krediet

  • Foto’s verskaf deur SixKings Brand