Kreatiewe fotografies kuns vir jou huis

Ons gesels met Sonny Mo Arts, kreatiewe kuns vir jou huis, se stigter en eienaar, Sonjé Mouton.   Sy het Sonny Mo Arts in Augustus 2018 begin.  Die naam “Sonny Mo” is ʼn verkorting van Sonjé Mouton.  Alhoewel Sonny Mo Arts op die oomblik grootliks op kunsfotografie fokus.  Het Sonny Mo Arts begin as ʼn platform om alles en enige iets kunstig en kreatief uit te leef, daarom die woord “Arts” die die plek van Fotografie.

wall art wall art width=wall art

Wat kan ons lesers na uit sien?

Op die oomblik het Sonny Mo Arts 41 verskillende druk stelle foto’s.  Daar is nog ʼn paar in die werke wat binnekort op die aanlynwinkel beskikbaar sal wees.  Maak seker jy besoek haar aanlynwinkel om te bestel.  Daar is ook ʼn paar poskaart stelletjies wat ongeraam is, maar wel geraam kan word en geskenk-etiket stelletjies beskikbaar.

wall art wall art

Vertel ons lesers meer oor die inspirasie?

Haar fokus is hoofsaaklik op natuurlike en botaniese elemente.  Sonjé neem graag ook landskappe af en is altyd op die uitkyk vir iets moois om af te neem!  Daar is niks wat ʼn kreatiewe brein soos Sonjé sin kan terug hou nie.

Alhoewel die botaniese elemente versamel word, waar ookal Sonjé se oog iets mooi raaksien, word meeste van die kunswerke tuis afgeneem in ʼn eenvoudige geïmproviseerde studio met natuurlike lig.  Sonjé maak graag haar eie agtergronde en bou haar eie klein stelle vir fotos en dit is ʼn groot deel van die kreatiewe proses.

Sonny Mo Arts se kunswerke het ʼn rou en organiese gevoel, geïnspireer deur tradisionele filmfotografie, ʼn liefde wat Sonjé ondek het tydens haar studies.

Elke liewe kunswerk is deur Sonny Mo Arts is self afgeneem en gewysig en het ʼn stukkie van Sonjé se hart en siel.  Sonny Mo Arts word nie gebind deur modegiere nie en gebruik nie die algemene voorraad fotos nie, elke foto is uniek geskep.

Sonny Mo Arts se kunswerke is aanlyn beskikbaar by sonnymo.com en word regoor Suid-Afrika gekourier.

wall art wall art wall artwall art Sonny Mo Artswall art wall art wall art wall artwall art wall art

Sonjé se advies vir jong entrepreneurs:

ʼn Mens kan seker ʼn boek skryf … Hier is ʼn paar goed wat ek op die harde manier moes leer en myself nog elke dag moet aan herinner:

Leer om nee te sê  – Moet niks doen wat jou nie geluk bring nie.  As dit sleg is vir jou siel en jou nie opgewonde maak nie, sê nee.  As dit nie bydra tot jou kreatiewe reis waarop jy is nie en jou aandag aftrek van wat jy wil bereik, sê nee.

Weet wanneer om ja te sê, al wil jy nee sê.  Soos met alles in die lewe moet ons soms iets doen wat dalk nie so plesierig is nie, maar dit sal voordelig wees tot dit wat jy wil bereik.

Skep vir jouself, nie vir ander nie.  Moet nooit iets doen of skep omdat mense of huidiglike mode tendense dit van jou verwag nie.  Houvas aan dit wat jou laat begin het in die eerste plek.  Dis fantasties om inspirasie te kry by ander, maar moenie jouself vergelyk en jou te veel steur aan wat ander doen nie.  Doen wat jy doen omdat jy dit geniet, en doen dit van die hart.

wall art wall art wall art Sonny Mo Arts wall art wall art wall art wall art wall art  wall art wall art

Maak kontak:

Volg Sonny Mo Arts op Instagram, Facebook en Pinterest of koop jou kunswerk vanaf Sonny Mo Arts se webtuiste deur hier te klik vir meer inligting.

wall art wall art Sonny Mo Arts