The Cotton Company

Ons gesels met The Cotton Company en as gevolg van die plat weef en verskeidenheid kleure en style is daar altyd ietsie wat iemand se persoonlikheid of dekor pas.  Dit is ideaal om ‘n naam op te borduur as ‘n geskenk  vir ‘n troue, baba, kind, blommemeisie, spesiale vriendin, verjaardag ens.  Jy kan die handdoek persoonlik maak.

Jy kan dit merk vir ‘n besigheid, skool, al jou gaste by ‘n troue om hulle warm te hou.  Ai daar is soveel moontlikhede.

Hotelle, gastehuise en spa’s gebruik dit as swem handdoeke en om oor hulle gaste te gooi.  Dit is mooi, stylvol en prakties.

Dit maak ‘n ideale meditasie kombers vir Joga en Pilates en is jou beste maatjie as jy reis, want dit is ‘n kombers, handdoek en serp.

Wat presies is The Cotton Company?


Dit is begin met die liefde van tekstuur en kleur en om bekostigbare luuksheid te bring na Suid Afrikaanse huise en mense. Ons produk is die 100% Turkse handdoek wat gebruik word as handdoek, maar ook as tafeldoek, kombers, om op jou bank te gooi, vir ‘n piekniek, sarong, ideaal vir kinders, vir sport, kamp…rêrig prakties!

Wie is agter die naam van The Cotton Company?


My naam is Madeleine.  Ek het in Istanbul, Turkye gebly en dit is waar my liefde vir die 100% katoen Turkse handdoek begin het.  Ek het die platteland van Turkye ingevaar om families te besoek wat die produk nog op die tradisionele manier maak.  Die familie wat ek mee saamwerk het soveel trots in wat hulle doen en elke stukkie dra ‘n storie.

Wanneer het The Cotton Company begin?


Dit het baie beplanning, skepping, ontwerp en samewerking gevat met die Turkse familie , maar ons eerste produkte is bekend gestel begin 2017.

Watter produkte verkoop The Cotton Company?


Ons verkoop Turkse handdoeke van alle style, kleure en grotes.  Ander name vir die pragtige produk is Pestemal of Hamman handdoek.  Dit is 100% katoen en plat geweef, wat dit meer prakties en eko-vriendelik maak as jou gewone handdoek. Dit absorbeer meer, raak gou droog en vat min spasie.

 

Hoe kan ons lesers julle produkte koop?


My vertoonkamer is in die Paarl en almal word uitgenooi om my te skakel en te kom kyk na die groot verskeidenheid style en kleure.  Dit is ‘n produk wat aan gevat moet word en is ‘n wonderlike fees vir die oog, hart en vel.  Die aanlyn winkel sal in Maart bekend gestel word.

Hoe kan ons lesers kontak maak met The Cotton Company?