ʼn Wegbreek na Robertson Vallei

Robertson Vallei, ʼn Wegbreek na Robertson Vallei

Ons was uitgenooi deur Mira van Hot Oven Marketing en Robertson Wine Valley om die mooi Robertson vallei te besoek waar ons een van die beste naweke ooit gehad het.  Mira het vir ons ʼn paar van Robertson vallei se oulike verborge skatte gewys en laat ervaar.  Dit was ʼn belewenis en ons het baie ander fantastiese mense van die vallei ontmoet.

Ons het by die pragtige Excelsior Wynlandgoed in Robertson Vallei gebly. Excelsior het ʼn herehuis wat nou as gastehuis gebruik word.  Dis geleë reg langs ʼn mooi dam met ʼn uitsig oor wingerde, bome en berge. Jy kan ontspan langs die swembad met ʼn boek en ʼn glas van Excelsior se wyn of ʼn lekker koppie tee as jy dit so sou verkies.

tanagra winetanagra wine tanagra wine tanagra wine tanagra wine tanagra winetanagra wine

Ons besoek ‘n Boetiek Distilleerdery

Ons eerste stop was by Tanagra Boetiek Distillery net buitekant Robertson op pad na McGregor.  Tanagra se eienaar en wynmaker, Robert Rosenbach, het ons persoonlik op ʼn toer gevat deur die distilleerdery waar hy vir ons stap vir stap gewys het van begin tot einde hoe hulle wyne en likeurs gemaak word.  Dit is iets wat ons stadsjapies nie baie sien nie en het dit baie interessant gevind. Daar gaan baie meer in wyn maak in as wat ʼn mens besef.  Dit is ʼn skeppings proses met harde hande werk, sweet en moeite om die perfekte Tanagra wyn te skep.

Tanagra is nie net ʼn Boetiek wynplaas nie, maar het ook akkommodasie beskikbaar op die plaas insluitende ʼn afgeleë eenheid wat reg langs ʼn natuur reservaat geleë is.  Dit is die perfekte wegbreek plek vir verliefde paartjies,  verloof of getroud.  Dit maak nie saak nie.

things to do in mcgregor western cape things to do in mcgregor western cape things to do in mcgregor western cape things to do in mcgregor western cape

Ons ontdek ‘n garagiste kelder

Ons volgende stop was in McGregor.  Dit was ons eerste keer in McGregor en was verstom oor hoe mooi die oulike dorpie is.  Dit is definitief ʼn plekkie wat jy op jou lysie kan sit om te ervaar. McGregor is omring deur plase en die dorpie self het slote met lopende water,groen tuine en mooi argitektuur.  Ons eerste stop in McGregor was by Bemind Wyne waar Ilse Schutte, die eienaar en wynmaker van die Garagiste Kelder ons verwelkom het.

Bemind Wyne was ons gunsteling plekkie wat ons die naweek besoek het.  Ilse het ons mooi verduidelik van die Garagiste Kelder konsep en die wyn-maak proses wat sy letterlik alles met die hand doen.  Meeste van Bemind Wyne se wyn word ook per hand gebottel en die van julle wat weet, sal verstaan hoe ʼn delikate proses dit is.  Ilse is verskriklik passievol oor wyn-maak en was ʼn wynmaker by een van McGregor se top wynplase voordat sy haar eie wyn-reeks begin het.

things to do in mcgregor western capethings to do in mcgregor western cape

Middagete by Flora’s Eating House and Gallery

Ons het sommer ʼn bottel Bemind wyn saam met ons geneem na ons volgende stop by Flora’s Eating House and Gallery, reg oorkant Bemind Wyne.  In die klein dorpie help die plaaslike besighede mekaar nog deur mekaar te ondersteun.  By Flora’s Eating House en Gallery het ons ʼn heerlike middag ete onder bome langs ʼn visdam, die laaste dag van somer geniet.  Gunther het ʼn vegetariese slaai bestel en dit baie geniet vir iemand wat lief is vir vleis.  Jaun het ʼn smaaklike salm slaai geniet saam met ʼn glas Bemind wyn in die geselskap van Ilse Roux en haar eggenoot.

Na die heerlike middag ete het ons die Wahnfriend bioskoop besoek.  Dis in ʼn pragtige huis in die hartjie van Mc Gregor. Ons was verwelkom deur Michael McKenzie wat vir ons die storie agter Wahnfriend bioskoop vertel het. Dit is ʼn plek waar plaaslike inwoners saans gesellig kan verkeer en gratis films en lekker bekostigbare opvoerings kan kyk saam met ‘n glasie wyn.  As jy ooit  Mc Gregor toe gaan, is Wahnfriend ʼn moet om te besoek.  Dit is iets wat jy persoonlik moet ervaar aangesien woorde nie genoeg is om die wonderlike ervaring te beskryf nie.

Mimosa Lodge Mimosa Lodge Mimosa Lodge

Aandete by Mimosa Lodge

Aandete was by die Mimosa Lodge in Montagu. Ons het nog altyd deur Montagu gery en gedink dat dit ʼn mooi dorpie is. Dit is egter anders om dit persoonlik te ervaar en met plaaslike inwoners te gesels. Mimosa Lodge is ʼn moet as jy lekker wil eet of opsoek is na oulike akkommodasie in die area. Mimosa Lodge het ʼn goud gegradeerde restaurant waar ons ʼn fees maaltyd geniet het. Die personeel was baie vriendelik en het ons tuis laat voel.

Die atmosfeer in die plekkie het ons laat voel asof ons nog altyd daar gehoort het. Die restaurant maak saans half agt oop vir aandete. Ons was voor die tyd daar, daarom het ons eers ʼn Mampoer skemerkelkie in Mimosa se groen karoo-tuin geniet. Daarna was ons bedien met ʼn heerlike voorgereg bestaande uit, humus, vars broodrolletjies, zebra, aartappel en kraakvars groente op die tafel. Die nagereg was uitsonderlik en ons sal sit nie sommer vergeet nie.  Dit was letterlik ʼn sagte sjokolade bom.

Excelsior wineryExcelsior wineryExcelsior wineryExcelsior wineryExcelsior wineryExcelsior wineryExcelsior wineryExcelsior wineryExcelsior winery

Ons meng ons eie wyn by Excelsior

Die Saterdag oggend het ons wakker geword met die gekekkel van hoenders en die reuk van pas geoeste druiwe.  Ons het ontbyt geniet by Excelsior wynplaas waar ons ook oornag het. Die buffet ontbyt het weggespring met vars koffie, broodjies, kaasbord, vrugte slaai, jogurt, sappe.  Daarna het ons weggelê aan die warm ontbyt geregte op die dek langs die swembad terwyl die oggend son sag oor die wingerde begin skyn.

Na ontbyt het die eienaar van Excelsior ons agter op sy bakkie gelaai vir ‘n toer op die plaas.  Ons het tot bo op die buurplaas se heuwel gery waar ons ʼn driehonderd en sestig grade uitsig oor die plaas  en die mooi Robertson vallei  in die verte gehad het.  Dit was ʼn lekker en “sielsvervullende” uitstappie. Ons het langs die pad by ‘n trop koeie gestop.  Tippies stadsjapies het ons kamera in die hand van die bakkie gespring om eers ‘n paar fotos van hulle te neem.  Hulle het nuuskierig na ons gekyk en dit het kompleet gelyk asof hulle vir die kamera poseer.  Dit is die klein goedjies wat ʼn toer in die Robertson vallei ekstra spesiaal maak.

Ons het ook ons eie wyn gemeng by Excelsior. Jy kan kies tussen Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon en jou eie hoeveelhede bymekaar sit om die perfekte wyn vir jou smaak te maak.  Jy vul jou eie bottels, kurk dit en smelt jou seël op. Daarna sit jy jou eie etiket op en skryf jou naam en mengsel op die bottel. Dit is nogal ʼn oulike idee vir ‘n troue of wittebrood.  Dink net daaraan as jy vir elke gas ʼn bottel wyn gee wat jy self gemeng het en die etiket per hand persoonlik gemaak het. Beslis iets om in gedagte te hou.

Mooi Troues in Robertson_0021Viljoensdrift River Cruises & Picnics - Robertson Wine ValleyViljoensdrift River Cruises & Picnics - Robertson Wine ValleyViljoensdrift River Cruises & Picnics - Robertson Wine ValleyViljoensdrift River Cruises & Picnics - Robertson Wine Valley

Riviervaart piekniek by Viljoensdrif

Ons volgende stop was by Viljoensdrift, ʼn Wynplaas met ʼn rivier waar jy ʼn bootrit kan neem omring met die mooiste natuur tonele en baie voël spesies. Viljoensdrift se span het vir ons ʼn heerlike kaas- en vleis bord gemaak asook ʼn lekker bottel wyn wat ons op die boot geniet het. Ons het die ervaring baie geniet en sal dit aanbeveel vir ʼn paartjie wat verloof wil raak of net ʼn lekker romantiese wegbreek aktiwiteit wil geniet in die vallei.

Na die bootrit het ons van Viljoensdrift se heerlike wyne geproe, insluitende hulle MCC. Viljoensdrift personeel se moeite en diens was van die beste gehalte en word hoog aanbeveel indien jy jou in die distrik bevind.

Esona Boutique Wine EstateEsona Boutique Wine EstateEsona Boutique Wine EstateEsona Boutique Wine EstateEsona Boutique Wine EstateEsona Boutique Wine Estate

Wynproe by Esona

Ons was by Esona waar die eienaars spesiaal van die Kaap af gery het om ons te ontmoet. Dit was al klaar vir ons ʼn spesiale element gewees.  Esona is geleë op ʼn klein plasie met ʼn lopende rivier stroom deur die plaas. Die proe kamer is op ‘n verdieping aan die buitekant wat uitkyk oor die pragtige landerye en berge.  Esona se eienaars het ons trakteer met ‘n vingerhappie wat ons geniet het met ʼn bottel ‘Frankly my dear….’ wyn terwyl ons die uitsig bewonder.

Esona is ‘n baie mooi boetiek wynlandgoed.  Jy kan ook ʼn ondergrondse wynproe doen wat gepaard gaan met ingelegde vrugte, Die Lindt sjokolade uit hoë kwaliteit glase komplimenteer die wyn se smaak.  By Esona se ondergrond proe lokaal sit jy in die donker met kerslig en sagte agtergrond musiek wat saamsmelt met die wyn wat jy proe.  Dit is regtig ʼn fantastiese ervaring om wyn en musiek te kombineer.

rosendal winery & wellness retreatrosendal winery & wellness retreatrosendal winery & wellness retreat

Aandete by Rosendal Wynlandgoed

Ons het aandete geëet by Rosendal Wynlandgoed.  Ons was eers op ʼn toer geneem deur die mooie Rosendal.  Rosendal bied ook mini-wittebrood pakkette of romantiese pakkette aan vir paartjies wat opsoek is na ʼn prentjie mooi en romantiese wegbreek plek.  Hulle het wel nie ʼn trou venue nie, maar is die perfekte plek om te bly voor of na jou troue of om jou bruidsmeisies te bederf met ʼn lekker spa sessie.

Ons het ʼn wynproe gehad met Heinrich wat baie pret was en het sjokolade gepaar asook koffie kasjoeneute met Rosendal se heerlike wyn.  Rosendal staan ook bekend vir hulle Sauvignon Blanc wat se bottel se brandmerk verkeerd omgedraai is.  Jy moet die bottel onderste bo draai om dit te kan lees.  Na die wynproe het ons aandete geniet by Rosendal se restaurant. Ons het fantastiese diens en kos geniet.

As voorgereg het Günther  ‘n gerookte hoenderslaai bestel.  Jaun ‘n snoek patté met brood geniet. As jy baie honger is, is Rosendal se porsie groote perfek vir jou.  As hoofgereg het Günther ‘n “Porkbelly” dis gehad en Jaun Eend met Lensies en Granaatjie sous.  Daar was amper nie genoeg spasie vir nagereg oor nie.  Günther het sjokolade tert verkies en  Jaun ‘n baie groot en heerlike kaasbord.

platform 62 robertsonplatform 62 robertsonplatform 62 robertsonplatform 62 robertsonplatform 62 robertsonplatform 62 robertsonplatform 62 robertson

Ontbyt by Platform 62

Ons Sondag oggend begin met ‘n rit Ashton toe waar ons by die oulikste versteekte skat, Platform 62, se restaurant The Shed vir ontbyt gegaan het.  Platform 62 het ons voete onder ons uitgeslaan met ‘n top gehalte ontbyt buite onder die bome omring met hoenders en Fanie die vark.  Nie net ‘n lekker plek vir ontbyt nie, maar ook ‘n oulike inkopie plek waar jy amper alles kan vind.  Hulle het ook ‘n groot winkel waar jy wyn en ander drankies kan koop vir jou toer.

Jy kan ook die heerlikste brandewyn proe doen by Platform62.  Ons het ‘n paar opsies geproe soos brandewyn met gemmer & limonade en lemoen & Tonic Water. Dit was ‘n eerste vir ons en baie lekker gewees.  As jy deur Ashton ry en die groot stoomtrein sien dan is jy by Platform62 en moet jy daar stop.

van loveren wines estatevan loveren wines estatevan loveren wines estatevan loveren wines estatevan loveren wines estatevan loveren wines estatevan loveren wines estatevan loveren wines estate

Wynparing by van Loveren

Die volgende stop was by Van Loveren waar ons ‘n boom toer gehad het.  Van Loveren se oorspronklike boervrou het ʼn boom vir alle gebeurtenisse geplant – vanaf haar kinders se geboortes tot Nelson Mandela se vrylating.  Dit is ‘n toer om te ervaar.

Ons het ook ‘n heerlike wynproe en kos-paring sessie gehad.  Een van ons gunstelinge was die vleis-bord en rooiwyn paring en die “candy en cider paring.”  Ons is absoluut gaande oor Van Loveren.  Dit is ‘n pragtige plaas met heerlike wyn en die mooiste tuine.

bon cap guestfarm and wedding venue robertsonbon cap guestfarm and wedding venue robertsonbon cap guestfarm and wedding venue robertsonbon cap guestfarm and wedding venue robertsonbon cap guestfarm and wedding venue robertsonbon cap guestfarm and wedding venue robertsonbon cap guestfarm and wedding venue robertson

Sondag Middagete by Boncap

Ons laaste stop in die Robertson Vallei was by Bon Cap. Michelle du Preez was die gasvrou en het ons baie welkom laat voel.  Ons het van Bon Cap se laaste MCC geproe, want hulle maak nie meer wyn nie.  Dit was baie spesiaal.  Ons is met die lekkerste plaas kos trakteer wat rooi vleis, hoender en vis ingesluit het.  Bon Cap se Sondag middagete is lekker en laat jou sommer welkom voel met ‘n gesellige plaas atmosfeer.

Bon Cap het ook ‘n mooi trou venue waar jy in styl kan trou.  Klik hier om te kyk na ons vorige troues wat ons gepubliseer het wat by Bon Cap se venue gehou was. Jou seremonie is onder in die kelder tussen wynvate en kerse vir lig.  Hulle het ook oulike basiese verblyf op die plaas as jy net ‘n plekkie soek om weg te breek.  Maar jy sal moet hardloop as jy ‘n plekkie wil boek, want Bon Cap is ‘n baie besige venue.

things to do in robertson wine valleythings to do in robertson wine valley

Kontak ons vir meer inligting

Die naweek was vir ons ‘n fantastiese ervaring.  Ons sal definitief binnekort weer terug wees in die Robertson Vallei en sal enige iemand aanbeveel om na die Robertson vallei te gaan en die plekkies in die artikel te ondersteun. Vir meer inligting kan jy ons kontak by kontak@mooileefstyl.co.za

things to do in robertson wine valley