Bring rustigheid in jou leefruimte

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

In dié inskrywing deel ons met Mooi Leefstyl se lesers deel ons die handgemaakte kontemporêre dekor produkte van Nested.  Dié handelsmerk is gedurende die KOVID-19 pandemie begin met die klem om rustigheid in jou leefruimte te bring met hul mooi produkte.  Hier by Mooi Leefstyl streef ons om met die mooi dinge in die lewe omring te wees en deel ons graag al ons nuwe bevindings met julle.  Die simboliek agter Nested. is om ʼn plekkie te hê wat ʼn glimlag en rustigheid bring.

Julle kan nou afrol en die storie agter Nested. se produkte en naam lees.  Ons hoop julle geniet die inskrywing en sy inhoud, deel ook asseblief wyd-en-syd.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Wie is die eienaar/stigter en wanneer was die besigheid gestig?

Gepaardgaande met die KOVID-19 pandemie en inperking waar ons al hoe meer tyd in ons huise spandeer het. Nested. was gestig deur Ruchelle Mouton in 2020 uit die waardering vir ʼn meer bewuste leefstyl wat alledaagse oomblikke vier. Nested. poog deur hul unieke items om spasies te ontskep in ʼn ‘haven’ wat harmonie, balans en geselligheid bewerkstellig.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Wat was die inspirasie agter jou/jul besigheid se naam?

Die naam Nested. is geïnspireer deur die Deense goedvoel-lewenstyl-filosofie ‘Hygge’ (uitgespreek HOO-gah). Wat verwys na die skepping van ʼn warm, gesellige en gemaklike atmosfeer of oomblik.

Met die in gedagte, beklemtoon Nested. ʼn blyplek, ʼn leef area, ʼn spasie, of ʼn ʼnes’. Waar ʼn mens ʼn oomblik kan afskakel, ontspan, herstel en teenwoordig kan wees om elke dag oomblikke te geniet en in te neem. Of dit ʼn oggend koffie is met jou gunsteling koffiebeker, of om ʼn etenstafel met jou geliefdes te deel, of om alleentyd deur te bring met ʼn warm sjokolade voor die vuur. Die simboliek agter Nested. is om ʼn plekkie te hê wat ʼn glimlag en rustigheid bring.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Hoeveel verskillende produkte het julle?

Met ʼn verskeidenheid van kontemporêre keramiek & hout produkte, fokus Nested. se eksklusiewe seleksie van huisware op ses kern reekse en seisoenale ontwerpe word ook gereeld bekendstel. Elke reeks se ontwerp, met sy eie unieke storie en inspirasie, word met die hand aangewend op bekers, koppies, koffie en teestelle, eetware, tapas bakkies, suikerpotjies, melk bekers en stoor houers.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Alles in die natuur het ‘n verhaal of dra ʼn spesiale simboliek waarvan Nested. inspirasie vind vir hulle ontwerpe. Dit is bekend dat die natuur ‘n kalmerende uitwerking op ons gemoed het. Die natuur se harmoniese lyne en patrone is waarop Nested. hulle ontwerpe baseer om ʼn gevoel nostalgie op te werk. Nested. kyk ook na die natuur vir kleur palette vir hulle ontwerpe. Wat daarop gemik is om ‘n natuurlike en harmonieuse gevoel aan ʼn ruimte te bring, van warm en gesellig tot skoon en verfrissend. Verder hou Nested. by die etos om funksionele produkte te offer wat ʼn bedagsame en deurdagte ervaring en oomblikke in ons alledaagse lewe bied.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Waar kan ons lesers julle produkte koop?

Produkte is beskikbaar aanlyn by Nestedshop.co.za

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Wat is julle gewildste produkte?

Een van die gewildste reekse is die besonderlike ‘Magnolia’ versameling. Die klassieke ‘Bird’ reeks bly ʼn gunsteling en in die winter maande is die “Hygge Mug” en “Cup with Oblong Saucer” bes verkopers. Die suikerpotjie en melkbekertjie stel is werklik ʼn wenner vir die wat opsoek is vir ʼn uitgekose geskenk vir ʼn spesiale iemand.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

Nested. se keramiek en hout produkte word plaaslik vervaardig. Keramiek produkte word eers gevorm, geglassuur en dan gebak. Daarna word elke ontwerp met die hand aangewend in die Nested. ateljee en elke item word weer gebak om die ontwerpe te set op die keramiek. Hout produkte word met die hand vervaardig uit volhoubare Acacia hout.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers julle volg op sosiale media?

Lesers kan Nested. op sosiale media volg op Faceboook en Instagram sowel as die webtuiste.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Lesers kan Nested. kontak via epos by info@nestedshop.co.za of hulle kan ʼn direkte boodskap stuur op Facebook of Instagram.

Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte Nested, Bring rustigheid in jou leefruimte

Artikel Krediet lys:

Foto’s – Nested.