Digitale Illustrasie van jou Troeteldiere

Ons by Mooi Leefstyl deel Digitale Illustrasie van jou troeteldiere vandag met ons lesers.  Almal het ʼn groot liefde vir hul troeteldiere en hul word baie bederf.  Daarom is ons gaande oor die baie oulike besigheid en Tanri se digitale kunswerke en produkte.

Tanri de Lange is die stigter en kunstenaar agter die besigheid, Illustrations by Tan.  Sy het die besigheid in 2020 begin, gedurende die vlak 5 grendeltydperk in Suid-Afrika.  Sy doen digitale illustrasies van jou troeteldiere.

As jy ʼn oulike foto van jou geliefde troeteldier het wat jy graag in ʼn oulike kunswerk wil laat ontskep, dan moet jy af rol en meer lees oor Illustrations by Tan.  By Mooi Leefstyl is ons altyd baie opgewonde om te hoor van nuwe besighede en talent.  As jy weet van ʼn oulike besigheid, klik hier en laat weet ons.

Storie agter die naam, Illustrations by Tan:

Tan is die noemnaam wat Tanri se familie vir haar het.  Dit is ʼn unieke naam en staan uit.  Die naam het ook sentimentele waarde vir haar.  Dit is ook Tanri noemnaam vir mense wat na aan haar is.  Sy wou haar besigheid se naam eenvoudig, persoonlik en so duidelik en na aan die produkte en dienste wat aangebied word is.

Inspirasie agter die illustrasies:

Tanri se eie hond was die inspirasie.   Gedurende die grendeltydperk het Tanri ʼn uitlaat nodig gehad van haar voltydse studies en sy is ook ʼn kreatiewe persoon in haar hart.  Sy het iets anders nodig gehad as net ʼn pen en papier kuns.  So het sy verlief geraak op digitale kunswerk.

Gedurende KOVID-19 het die aanlyn wêreld baie aandag gekry en digitale kunswerke was die perfekte manier om ʼn konneksie te maak.  Dit was ook ʼn ander manier om my liefde vir diere uit te beeld.

Reeks van Produkte:

Sy het ʼn reeks van produkte wat altyd groei en verander.  Op die oomblik is die troeteldier “pawtraits”, gepersonaliseerde gedrukte kunswerke en die gepersonaliseerde troeteldier bekers baie populêr.

Plaaslik gemaak:

Alle produkte is digitaal handgemaak en kan op bekers, glansende foto papier, gemonteerde doek ens gedruk word.   Die drukwerk word ook gedoen by hul plaaslike drukkers.

Die hele proses is as volg:

Tanri ontvang ʼn digitale foto van jou troeteldier of ʼn persoon.  Dan teken sy die digitale kunswerk van die troeteldier of persoon en stuur dit terug na haar kliënt om te hoor of hul gelukkig is met die finale kunswerk.  Die kliënt sal dan ʼn hoë resolusie kopie ontvang per e-os of kies van ʼn verskeidenheid druk opsies, wat dan na hul gekoerier sal word.   Elke bestelling is uniek, heeltemal pasmaakbaar en neem tussen 7 en 14 werksdae om voltooi te word.

Bespreek dienste en koop produkte hier:

Kontak Illustrations by Tan per e-pos.  Anders kan jy haar ook kontak deur Instagram of Facebook.  Onthou om haar sommer te volg ook op sosiale media!  Indien jy nog van haar ander produkte wil sien, besoek CHESS&CO.

Artikel Krediet: