Rialheim se nuwe winkel in die SOKO Distrik

Ons is opgewonde om met jou Rialheim se nuwe winkel in die SOKO Distrik te deel.  Die SOKO Distrik is die nuutste gons wanneer dit kom by inkopies by die bekende Rosebank Mall in Johannesburg.

Vir die wat nie Rialheim ken nie, hier is meer inligting.  Hul is ‘n plaaslike keramiek studio van Robertson, wat hul produkte regoor Suid-Afrika verkoop.  Van die mooiste keramiek dekor items vir jou huis tot pragtige muurteëls.   Alles wat jy nodig het om jou dekor styl daai hupstoot te gee, sal jy by Rialheim kan kry.

By hul nuwe konsep winkel sal jy van Rialheim se mees ikoniese stukke kan koop.  So as jy by Rosebank Mall inkopies doen, loer gerus in by hulle nuwe konsep winkel.

Mooi Leefstyl ondersteun graag plaaslike besighede. en ons is altyd opgewonde om te skryf oor besighede in Suid-Afrika.  Ons het al voorheen geskryf oor Rialheim se winkel in Rand Steam Winkelsentrum.  Lees meer hieroor.  Rol af oor die nuwe konsep winkel hieronder.

Meer oor die SOKO Distrik:

Die SOKO Distrik is ‘n nuwe moderne konsep van klomp verskillende winkels wat as ‘n kolleksie een groot inkope ervaring skep.   Binne die SOKO Distrik is daar ook ‘n spasie genoem, The Town Hall.   Hierdie spasie dien as ‘n funksie lokaal en produk aktivering spasie.

Rialheim se aanlynwinkel:

As jy ‘n liefhebber is van Rialheim se pragtige en unieke produkte, besoek hul aanlynwinkel.  Hier kan jy al hul produkte koop, vanaf die gemaklikheid van jou eie huis.

Artikel Krediet: