Mandjies vir ʼn skoon leefruimte

By Mooi Leefstyl is ons altyd opgewonde om mooi dekor items vir jou tuiste te deel met ons lesers te deel.  In dié inskrywing deel ons  The Baskiti Co. ʼn reeks luukse minimalistiese dekor items vir jou tuiste.   In hierdie artikel fokus ons meer op hul mandjie reeks, maar doen jouself ʼn guns en besoek hul webtuiste vir vele meer oulike produkte.

Jana Leonard is die breinkind van The Baskiti Co. Haar besigheid het begin slegs 21 dae in die eerste grendeltydperk in 2020.  Al hul produkte word ook plaaslik vervaardig en sal definitief ʼn mooi gevoel gee aan jou tuiste.  Dit kan ook perfek werk in ʼn kantoor spasie as jy ʼn bietjie iets anders as die normaal wil inbring.  Rol af om meer te lees oor The Baskiti Co. hieronder.

Die storie agter The Baskiti Co.:

Jana Leonard is die stigter van The Baskiti Co.  Die besigheid was gestig gedurende die eerste 21 dae van die grendeltydperk in 2020.  Jana was geïnspireer gewees deur haar 14-maande oue seun nadat hy al die groente gebruik het as sy balle.  Na ʼn klomp pap aartappels later, het Jana geweet sy het ʼn oplossing.  Dit is toe waar The Baskiti Co. gebore was.  Van ʼn probleem wat Jana as ʼn Ma gehad het, maar sy het geweet sy wou iets hê wat waarde tot die huis kan bydra en ook mooi is.  Iets wat almal sal kan gebruik.

Die naam, Baskiti:

Baskiti beteken “mandjie” in Shona, die huistaal van ons kinderoppasser.  Dit was toe die kinderoppasser nie in kon kom gedurende die oorspronklike grendeltydperk nie en Jana se seun begin speel het met die groente as ʼn bal, waar die idee vandaan gekom het.  Die eerste Baskiti hand mandjie stoorplek.  Dit is die rede agter die naam, Baskiti.

Reeks produkte:

Die held produk is die Baskiti Hang Mandjies, J-hook en die Katoen voering.  Vandat hulle begin het tot en met nou het hulle reeks vergroot.  Hul reeks sluit in ʼn hele reeks muur- en masker hake, sowel as Baskiti -planters, ons braai mandjie sowel as hul reeks luukse leer toiletsakke.  Hulle begin nou wegbeweeg van net huisware verkoop, maar verkoop eerder die Baskiti Leefstyl.

Jana verduidelik as volg:  “Ek wil ʼn spasie ontskep waar kopers luukse items kan koop wat waarde heg tot hul lewens -mag dit nou wees huisware, ʼn Piekniek, ʼn Strand vakansie of Kersfees.  Ons streef daarna om by ons konsep van minimalisme te bly.  Daarom het ons slegs items wat by die lewenstyl pas (ons noem dit die Baskiti leefstyl) – ons streef daarna om produkte wat u nodig het sowel as wat u wil hê, te bied terwyl u mooi lyk.  Baskiti is ontwerp om te lewe!

Inspirasie agter die produkte:

Jana se man is haar grootste inspirasie – hy haat rommel en sê altyd dat elke produk sinvol moet wees.  Hul doel is dus om ʼn pragtige produk te skep wat ook die taak verrig en waarde toevoeg tot jou lewe.  Baskiti se doel is om ‘ minimalistiese leefstyl winkel te word.  Jana se Ma sê altyd:  “Leef jou lewe op ʼn eenvoudige manier, en jy sal altyd innerlike vrede hê.”

Wat is julle gewildste produkte?

Beslis hul Baskiti hangmandjies en bykomstighede, sowel as ons muurhaak met die rand.  Wanneer Kersfees aanbreek, is ons kouse ʼn gunsteling.  Jana dink hul splinternuwe Hanging Roof Planters sal hierdie feestyd ʼn gunsteling word.

Plaaslik vervaardig in die Paarl:

Baskiti se hangmandjies is almal in die Paarl met die hand geweef, terwyl hul Muurhake met die hand gemaak word deur Jana se man en skoonpa. Al Baskiti se materiaal gebaseerde produkte word ook vervaardig deur hul span hoogs geskoolde professionele persone.  Hul leer produkte word met die hand gemaak deur Chane, wat ook deel uitmaak van hul span!

Hulle begin wegbeweeg van slegs die verkoop van stoor oplossings, maar eerder ʼn minimalistiese leefstyl met die Baskiti hangmandjie as hul inspirasie vir die handelsmerk.  Baskiti het BAIE bewegende dele, maar uiteindelik kom dit alles saam! Jana sê sy weet nie hoe mense sonder WhatsApp ʼn klein onderneming kon bestuur nie.

Koop by die besigheid:

Voordat ons te opgewonde raak en begin bestel, volg Baskiti op Facebook en Instagram.   Nou kan ons kom by die bestellings.  Klik hier om hul aanlynwinkel te besoek.  As jy enige vrae het kan jy ʼn e-pos stuur of hulle ʼn inboks boodskap deur hul Instagram profiel stuur.  Geniet jou Baskiti items!