Handgemakte produkte vir alledaagse gebruik

Hier by Mooi Leefstyl deel ons graag met ons lesers oulike produkte en/of nuwe besighede.  Ons glo ferm daaraan om klein en plaaslike besighede te ondersteun.  In dié inskrywing deel ons The Only Roo met ons lesers.  Die besigheid se naam het ʼn direkte konneksie met die eienaar Caroux de Langa.  Haar naam word soms verkeerd uitgespreek en het sy die bynaam Roo gekry.  Sy wou iets persoonlik van haarself hê in die handelsmerk.

The Only Roo. se eksklusiewe produkte is handgemaak waarmee jy daaglikse items gemaklik kan vervoer in ʼn stylvolle sakkie.  Wees dit jou grimering, skootrekenaar, sleutels en bankkaarte, of sommer alles wat jy sal benodig terwyl jy nie tuis is nie.  Daar is ʼn modieuse sak wat duursaam vervaardig is vir elke doel en geleentheid.  Elke item word met sorg, detail en liefde saamgestel.

Mooi Leefstyl se lesers kan asseblief nou afrol en meer sien van die oulike produkte en die storie agter die handelsmerk  lees.  Deel asseblief wyd-en-syd.



Wanneer is The Only Roo gestig?

The Only Roo was gestig in November van 2019 deur die besigheids eienaar, Caroux.  Hierdie tydperk was waar Caroux inspirasie gehad het om haar passie vir naaldwerk te laat groei en versprei na meer as net produkte vir persoonlike gebruik.  Van 2019 tot die begin van 2021 het Caroux informeel deur haar sosiale media platvorm haar produkte verkoop.  Aan die begin van 2021 het sy meer tyd gehad om haar besigheid formeel te registreer en om haar webtuiste te stig.



Wat was die inspirasie vir The Only Roo se naam?

Die meer algemene besigheids naam van Roo kom van die eienaar se bynaam, Roo.  Daar was altyd klomp frustrasie gekoppel aan haar unieke voornaam wanneer dit nie reg uitgespreek word nie.  Dit is toe sy die bynaam Roo daagliks begin te gebruik.  Caroux wou hê dat die besigheids naam nog steeds ʼn konnotasie het aan ʼn persoonlike komponent van die eienaar.  Toe besef sy dat haar bynaam die perfekte naam is vir die besigheid.  Die naam ‘The Only Roo’ laat toe vir ʼn unieke konnotasie aan die stigter, maar dit klink ook meer vol pret as baie ander name.

Hoeveel verskillende produkte het The Only Roo?

Roo se produkte word gemaak vir gemak met reis of waar kleiner, meer persoonlike items moet vervoer word vir persoonlike gebrek.  Daar is in totaal sewe items beskikbaar op die webtuiste wat ook in verskillende opsies en materiale beskikbaar is.  Hierdie produkte is die Beige en Grys Canvas Tote Bag; Beige, Swart en Kleurvolle Moon Bag sakkies; die Cosmetic Bag; asook die Laptop Sleeve.  Caroux is oop vir navrae oor unieke patrone of spesiale items, asook addisionele aspekte van huidige produkte.

Die eerste produk waarmee die besigheid gestig was is die ‘canvas tote bag’ wat die vorm van ʼn handsak neem.  Hierdie sak kom met die opsie van met ʼn ritssluiter of sonder een waar daar dan ʼn metaal magnetiese klip is.  Die Moon Bag kom in ʼn stylvolle Corduroy materiaal en is gewild vir jonger kliente.  Die Cosmetic Bag en Laptop Sleeve is twee produkte gemaak vir spesifieke doeleindes, en hulle funksie word genome in hulle naam.

Caroux werk tans aan nuwe ontwerpe en patrone wat sy self ontwerp.  Met die gedagte om nog produkte te verskaf vir gemak met persoonlike items vervoer.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

As deel van die ontwerp proses kom ʼn langdurige proses van ‘trial and error’.  Caroux moet die produk uittoets en nodige veranderinge maak om die hele ervaring van die produk gebruik meer gemaklik en glad te maak.  Sy glo dat ʼn mens nie behoort te sukkel met persoonlike items vervoer nie, asook dat daar altyd klein komponente moet wees vir sleutels, selfone of kosbare items. Caroux assesseer die mark en kyk na wat tans beskikbaar is en waarvoor mense die meeste soek en gebruik op ʼn daaglikse basis.  Haar kleur skema bly neutraal met aspekte van aardse kleure ook geïnkorporeer.  Die uitsondering kom wanneer materiale gebruik word vir meer kleurvolle opsies, asook materiaal met patrone van blomme of natuur.

Waar kan ons lesers The Only Roo se produkte koop?

Al Roo se Produkte is te koop op ons webtuiste: The Only Roo , asook op ons Instagram of Facebook bladsye.  Kliente kan hulle bestellings plaas op die webtuiste.  Of kan vir Caroux persoonlik kontak op haar sosiale platvorms vir ʼn meer gespesialiseerde bestelling of navraag.  Indien kliente vir haar wil kontak, kan hulle gerus ʼn epos stuur.

Wat is The Only Roo se gewildste produkte?

Aangesien die eienaar, Caroux, deel van die jong volwassenes is, maak dit haar mark ook jonger kliente.  Die jonger kliente bestel meer van die Moon Bag produkte omdat hierdie produk in die algemeen baie gewild is vir konserte, daaglikse gebruik en ʼn heup-sakkie vir reis aspekte.  Een van die beskikbare opsies van die Moon Bag is ʼn beperkte weergawe, genoem die ‘Limited Edition Colour Moon Bag’.  Baie kliente geniet die unieke voorkoms van hierdie produk.  Die tweede gewildste produk is haar Canvas Tote Bag wat gebruik word as ʼn handsak, universiteits sak, of as ʼn oornag sak.

Word The Only Roo se produkte plaaslik vervaardig?

Produkte word hand gemaak deur die eienaar, en daar is geen addisionele hande wat help met die produksie proses nie. Aangesien Caroux voltyds werk as ʼn arbeidsterapeut, word die produkte gemaak in haar vrye tyd en wanneer sy inspirasie kry.  Hierdie is ʼn uitdagende aspek van die besigheid.  Haar voltydse werk veroorsaak dat sy gereeld min tyd het om te fokus op haar produksie – maar sy maak dit werk.  Materiaal word by plaaslike verskaffers gekoop.  Sy probeer kleiner besighede ondersteun deur om direk van hulle af te koop en nie van groot verskaffers af nie.

Produksie van elke item vir ʼn kliënt word individueel gemaak wanneer die bestelling ontvang word.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers The Only Roo volg op sosiale media?

Ons sosiale media sluit in Instagram, Facebook, asook ons webtuiste. Die produkte is ook sigbaar op die Instagram market.

Instagram: The Only Roo

Facebook: The Only Roo

Webtuiste: The Only Roo

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Enige navrae of kontak kan per epos gestuur word.  Lesers kan ook vir die eienaar kontak deur Facebook of Instagram.

Artikel Foto’s – Caroux de Lange.