ʼn ‘Dry Pooch’ is beter as ʼn nat een

Het jy al agter gekom na ʼn bad dat jou hond nooit een honderd persent droog is nie?  Worstel jy soms vir so 20 minute lank met jou hond en ʼn handdoek, na ʼn bad?  Wel vandag stel ons graag ʼn produk aan ons Mooi Leefstyl lesers bekend, wat jou lewe taamlik makliker sal maak!  Dry Pooch, want ʼn “Dry Pooch is tog beter as ʼn nat een”.

Olivia Prinsloo, ʼn veearts fisioterapeut en ’n rehabilitasie sentrumbestuurder, genaamd Equine-Librium (gebaseer in Kaapstad), het dit ook agtergekom.  In samehang met die feit, het sy ook gesien hoe haar pasiënte met hulle gewrigte sukkel na waterbehandeling in die winter maande en dus die onstaan van Dry Pooch!  ʼn Honde handdoek wat jou hond effektief droog sal maak en ougat sal laat lyk!

Die ontstaan van die produk:

Olivia het ’n mark geleentheid geïdentifiseer deur om haar kennis te gebruik en gebaseer daarop het besluit om Dry Pooch te begin.  Die inspirasie vir Dry Pooch kom natuurlik vanaf Olivia se veearts fisioterapie agtergrond.  Sy wou graag ’n produk voor en dag bring, wat nie net van goeie gehalte gemaak is nie, maar wat ook effektiewelik honde sal kan droog maak.  Want ʼn “Dry Pooch is tog beter as ʼn nat een”!

Die produk:

Die produkte lyn bestaan tans uit oulike handdoeke vir jou ‘mens diere’.  Daar is wel vooruitsigte om meer produkte uit te bring.  Die honde handdoek kom in ses verskillende grotes en vyf verskeie kleure.  Die honde handdoeke bestaan uit 100% katoen en die produk kleur keuses beskikbaar bestaan uit tydlose kleure wat tans in die mode is.  Mooi Leefstyl se lesers moet wel hul oë op die produk hou, want Dry Pooch beplan om in die toekoms uit te brei na verskillende kleure en patrone.  Wie weet, dalk kan jy en jou hond eendag saam polka kolletjies “rock”!

Die ontwerp:

Die ougat honde handdoeke lyk baie na ʼn japon, hulle het tot kappies! So oulik soos wat die ontwerp van Dry Pooch is, was daar ook ʼn baie goeie rede vir elke element daarvan.  Die kappie, wat via kleef-strook rondom jou hond se kop sal  vasmaak, is daar om te help met die droogmaak van jou hond se ore.  Verder is daar ʼn wye maag-band wat ook vasgemaak en verstelbaar te danke aan kleef-strook. Rekkies word ook gebruik om die been gedeeltes in posisie te hou. Dry Pooch se eerste prioriteit is dat jou geliefde woef gemaklik as ook veilig in die produk voel en ter selfde tyd effektief droog word!

 Waar word Dry Pooch se produk vervaardig:

Dry Pooch word plaaslik in Kaapstad vervaardig.  Een van die grootste uitdagings vir die Dry Pooch span was wel om ʼn bekostigbare handdoek-vervaardigers in Suid-Afrika te vind.  Tans is daar net twee in die land.  Die handdoek word rou gekoop en word daarna na die kleding-verkleurings maatskappy gestuur.  Olivia kies vooraf die kleure vir die handdoek, dit word dan volgens haar spesifikasies gekleur.  Nadat dit by die kleding-verkleurings maatskappy was, word dit na die vervaardigers gestuur om volgens die spesifieke ontwerp opgesny en aanmekaar gewerk te word.

Die snit:

Dry Pooch se ontwerp is gemaak met die styl gedagte van ʼn oor groot snit.  Die rede hiervoor is om  vir die honde ʼn bietjie ekstra asemhaal spasie te gee en dat hulle nie vasgevang voel nie.  Te danke aan die ontwerp, word die elmboog en knieë van die hond ook mooi bedek.  Al is ʼn oor groot snit die intensie, is dit wel die eienaars se voorkeur oor hoe hulle verkies dat die handdoek pas.  Die handdoeke kan vir honde vanaf  miniatuur poedels tot Great Danes pas.

Produk verskaffers:

Verder hoef ons nie uit te brei nie.  Met ʼn doeltreffende naam soos Dry Pooch, praat die produk vir homself.  Indien Mooi Leefstyl se leser belang sou stel in hierdie oulike produk, kan Dry Pooch gevind word op sosiale media onder die volgende handelsmerke: Instagram en Facebook.  Hulle het ook ʼn webtuiste en kan ook by die volgende winkels gevind word: Equine-Librium Kaapstad; Equine-Librium Plettenbergbaai; Equine-Librium Gqeberha, as ook by Bow-Wow Pets and Ramsay Rehab.

Foto krediet:

Chante Hagen Photography