Jou nuwe gunsteling Vrugtekoek resep vir Kersfees

In dié inskrywing deel ons by Mooi Leefstyl ʼn feestelike, geurige en klam vrugtekoek resep om die hele feesseisoen lank te geniet.  Hierdie resep sal jou ʼn vrugtekoek-liefhebber maak!  Kersfees is nie Kersfees sonder verskeie snye van jou ma, of ouma se bekende vrugtekoek nie, maar dalk is dit wel tyd om ʼn nuwe resep na die tafel te bring?  Ons dink beslis so, veral nou dat Le Creuset se nuwe Kersfees geïnspireerde Noël versamelings reeks uitgekom het.  Om ʼn Vrugtekoek in ʼn Kersfees geïnspireerde bak te kan bak, gaan dit so veel meer feestelik laat voel!  Klik hier om meer te lees oor Le Creuset se nuwe Kersfees reeks.

Die woorde “wêreld se beste” en vrugtekoek word oor die algemeen nie in dieselfde sin gevind nie.  Vrugtekoek is immers een van die mees bespotte gebakte item wat bestaan en dit is ook nie vir almal lekker nie.  Ons kan die mense wat teen dit is, nie blameer nie … Ken jy dié wat hierdie tyd van die jaar in die winkels verkoop word, of as geskenke uit gestuur word?  Die vrugtekoeke wat die neon versuikerde vrugtestukke bevat?  Ons verag daardie vrugtekoeke ook!

ʼn “Game changer” Kersfees koek!

Die meeste vrugtekoeke wat mens deesdae kan koop is droog, oordrewe soet en het ʼn gebrek aan smaak-kompleksiteit.  Hierdie Nuwe Vrugtekoek resep is ʼn “game changer”.  Dit is nie jou gemiddelde vrugtekoek-resep nie, ons belowe.  Dit is die BESTE en maklikste resep wat jy nog teë gekom het!  Gemaak met heilsame, regte bestanddele, hierdie vrugtekoek is klam en perfek gebalanseerde in geur.

Meer oor die resep:

Hierdie resep se vrugtekoek bevat baie gedroogde vrugte, maar moenie bekommerd wees nie!  Om die soetheid te sny en wonderlike geur by te voeg, werk ons die droëvrugte mengsel in brandewyn so uur of so, voor dit gebak word.  Die geweekte droëvrugte word dan by die vrugtekoek beslag ingevou.  Die mengsel word dan in ʼn bakpan geplaas en in die oond gesit om vir ʼn uur en 20 minute lank te bak.  Wanneer die tyd verby is kan jou jou Vrugtekoek uit die oond uit haal en laat koel.  Nadat hy afgekoel het, kan jy hom uit die bakpan uit haal en toe draai om te stoor tot later.

Lekker bak!

  • Bedien: 8 – 10
  • Voorbereidingstyd: 1 uur en 2 uur maserasie tyd
  • Bak tyd: 1 uur 20 minute

Bestanddele

  • 1/2 koppie (125 ml) brandewyn
  • 500g gemengde vrugte soos gedroogde bosbessies, sultanas of rosyne
  • 1 eetlepel (8g) kaneel
  • 2 teelepels (4g) gemaalde gemmer
  • 1 teelepel (2g) gemaalde kardemom
  • 20g gedroogde klapper
  • Sap en skil van 1 lemoen
  • 250g botter, kamertemperatuur
  • 250g strooisuiker
  • 6 vrylopende groot eiers
  • 250g koekmeel
  • 1 teelepel (5g) sout
  • 1 1/2 teelepel (6g) bakpoeier
  • Om mee voor te sit: vla, versiersuiker, vergulde vars bessies

Metode

Verhit die brandewyn tot warm.  Voeg die gemengde vrugte, kaneel, gemmer, kardemom, gedroogde klapper en lemoensap by.  Laat staan ​​vir 2 uur.

Na 2 uur, voorverhit die oond tot 180°C/160°C waaier/gas merk 4.   Meng die botter en suiker saam tot lig en donsig.  Die eiers kan dan een op ʼn slag by gevoeg word, klits tussen elke byvoeging.

Voeg die meel, sout en bakpoeier by en meng tot net gemeng.  Voeg die brandewyn mengsel by en vou om deeglik te kombineer.  Skep in ʼn gesmeerde Le Creuset Bundt-koekpan of ʼn gesmeerde en gevoerde 22 cm Signature-ronde oondbak.

Bak in die voorverhitte oond vir 1 uur en 20 minute.  Laat heeltemal afkoel in die blik of kasserol voordat dit uitgehaal word om te sny.  Sit voor met vla, ʼn strooisel van versiersuiker en eetbare goud gestrooide vars, feesbessies.

 

Artikel Krediet

  • Resep: Le Creuset
  • Foto’s: Le Creuset
  • Vertaling: Mooi Leefstyl