Le Creuset Kersfees Inspirasie

Die feestyd bied van die mees verwagte oomblikke van die jaar, van kwaliteit tyd saam met jou geliefdes na heerlike etes.  Le Creuset se kleurvolle en betroubare kookware is die kern van baie Kersfees tradisies as ook inspirasies.

Wat kombuisware betref, is Le Creuset een van die mees ikoniese handelsname in die wêreld.  Le Creuset inspireer mense al van 1925 af om vreugde to skep in die kombuis en rond om die tafel. Geliefd deur almal, van tuis kokke na meesters-kokke.  Le Creuset is altyd geëerd om deel te wees van etes, herinneringe en tradisies wat geniet word deur kos liefhebbers al om die wêreld.

Dit is onmoontlik om te ontken hoe belangrik ʼn kwaliteit stel potte en panne is, veral sodra Kersfees aanbreek.  Met die groot dag wat al hoe nader en nader kom, is dit dalk net tyd vir ʼn opgradering.  Die soort opgradering wat behels dat jy vir jouself sommer ʼn splinternuwe bypassende stel Le Creuset kombuisware koop!

In teorie mag dit dalk nog te vroeg wees vir Kersvader om ʼn draai te kom maak by jou huis … Maar hy kan beslis nou al ʼn verskyning maak in jou kombuis!

Saam vir Kersfees – ʼn Viering van familie, vriende en kos, saam met Le Creuset.

Kersfees is die tyd van die jaar wat uit “tydlose tradisies” bestaan.  ʼn Pragtige versierde Kersfeesboom.  Die afwagting van geskenke oop maak.  Smal lekker kos wat se aroma deur die huis trek.  Dié is die oomblikke wat gedeel moet word.  Deur jou, jou geliefdes, en natuurlik met Le Creuset.

Die nuwe Feestyd geïnspireerde Le Creuset reeks:

Le Creuset het sopas hul splinternuwe feestyd geïnspireerde Noël-versameling kookware onthul.  ʼn Versameling wat maak dat ons skielik baie feestelik voel. Die nege-stuk subtiel Kersfees-geïnspireerde reeks sluit Le Creuset se ikoniese gietyster- en steengoed stukke items in, soos die ‘Dutch Oven’ en koffie bekers, as ook seisoen spesifiek items soos ʼn opdienbord en ʼn oulike koekie houer.  Die reeks se items is almal fyn versier met motiewe van Kersfees Vader se gesig en ander delikate feestelike ontwerpe wat soveel vrolikheid in jou kombuis sal in bring.

Is dit ʼn bietjie vroeg om oor die fees seisoen te praat? Sekerlik! Maar met ʼn versameling so oulik soos Le Creuset se Noël reeks, hoe kan jy nie opgewonde raak nie?

“Tydloos, sjiek en prakties”

Le Creuset se Noël-versameling gaan in ʼn keuse van twee kleur-skemas beskikbaar wees, ʼn helder wit katoen of ʼn warm feestelike cerise rooi.  Die kombuisware word beskryf as “tydloos, sjiek en prakties,” en is perfek om familie of vriende hierdie Kersfees te huisves.

Perfek as ʼn enkele, kosbare geskenk of om by jou huidige versameling te las.  Die items van die Noël-versameling sal jaar in en jaar uit gebruik en gekoester word.  Ondek feestelike vrolikheid in elke kleur, met Le Creuset, wat vir generasies sal hou!

Noël is Le Creuset se feestyd tradisie, van hul kombuis na joune toe.

Beskikbaar in Le Creuset-winkels en aanlyn by www.lecreuset.co.za