Let’s Frite in Franschhoek

Let’s Frite in Franschhoek is dié plek vir die van julle wat Franschhoek besoek en lip-lek-lekker kos soek teen billike pryse.  Die Franschhoek staan bekend vir hul kulinêre vernuf en meer fynproewer restaurante.  Só dit was vir ons ʼn lekker ervaring om iets nuuts te probeer in Franschhoek.  Dit is belangrik om te sê dat ons nie genooi was deur Let’s Frite nie en ons self vir ons kos betaal het.  Hierdie artikel is sommer ʼn blits artikel en die foto’s is met die foon geneem.  Ons het só baie van die kos en die hele gevoel van Let’s Frite gehou, dat ons dit met ons lesers moes deel.

Dit is ʼn plat-op-die-aarde wegneem eetplek waar jy op jou gemak kan voel en hul heerlike slaptjips en hamburgers geniet!  Hulle het ʼn hele paar drankie opsies om van te kies.  Nie-alkoholiese en alkoholiese opsies is beskikbaar.  As jy Franschhoek besoek en opsoek is na ʼn gesellige, gemaklike, plat-op-die-aarde eetplek, dan is dit die plek vir jou! Rol af vir meer foto’s van ons heerlike slaptjips en hamburgers en om meer te lees van ons ervaring by Let’s Frite.

Frite is hul spesialiteit:

Ons is groot aanhangers van ʼn heerlike hamburger en ook slaptjips.  Let’s Frite se burgers is van die boonste rakke.  Jaun het die Pork Belly Burger gehad en Günther die Dubbel Kaas en Bief Burger.  Ons het ook ʼn Special Frites gehad, wat ʼn driedubbel gekookte aartappel tjip is in truffelolie gegooi, bedien met parmesaan-truffelmayo en bo-op met vars gerasperde parmesaan.

Plaas jou bestelling by Let’s Frite:

Daar is geen kelners nie!  Plaas jou bestelling by die toonbank en gaan sit by enige tafel wat oop is.  Jy kan jou bestelling plaas deur hul te bel by 084 502 5119 of ʼn WhatsApp stuur met jou bestelling.  Ons hou van die idee dat hulle ook heeltemal kontantloos is.  Jy kan wel met ʼn kredietkaart, debietkaart of SnapScan betaal.  Maak ʼn draai by 11 Huguenot Straat in Franschhoek as jy weer in Franschhoek is.  Jy kan Let’s Frite volg op Instagram vir meer foto’s van hulle heerlike tjips en burgers.

Artikel Krediet: