Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Ons by Mooi Leefstyl stel bekend Terres d’ Afrique aan ons lesers en hulle unieke velsorg produkte wat gemaak is uit skaars Afrika-plante.  Terres d’ Afrique word gemaak in Afrika, is organies gesertifiseer, word nie op diere getoets nie en is eties verkry.  Soveel meer redes waarom ons groot liefhebbers is van die reeks produkte.

Dit is baie belangrik om aandag te gee aan jou vel en so gesond moontlik te leef.  Jy sal sommer goed oor jouself voel as jou vel mooi en versorg is.  Dié velsorg produkte kan selfs deur mans gebruik word, so kêrels daar is geen verskoning vir  vaal bakkies nie. 🙂

Dr. Helary, uitvoerende hoof en stigter van Terres d’ Afrique baie ervaring oor landbouwetenskap, plantkunde, bewaring en ekologie.  Hy het ʼn meestersgraad in omgewings- en natuurlewe bestuur en ʼn Ph.D. in Voedings Ekologie, met ʼn besondere fokus op die Swartrenoster.  Dit is omtrent ʼn mondvol!

Terres d’ Afrique se velsorg produkte word gemaak sonder enige harde chemikalieë of bymiddels wat van diere afkomstig is.  Slegs die suiwer bestanddele wat organies-gesertifiseerde formulerings is en die vel sal voed en balanseer word gebruik.  Nog ʼn rede hoekom jy Terres d’ Afrique moet gebruik.

Rol af om meer te lees oor die produkte wat ons hier by Mooi Leefstyl self gebruik het.

Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Uplifting Serum:

Ons ervaring:

Nie net is die reuk van die Serum sag en verfrissend op die neus nie, maar dit is net so sag op die vel.  By sag op die vel bedoel ons dat dit lekker maklik oor die vel vloei en jou vel gevoed laat voel en lyk.  Die produk laat jou vel ferm en sag voel nadat jy dit aangesit het.  Neem jou tyd wanneer jy dit aansit en geniet die ervaring van hoe jou vel die serum absorbeer.

Die produk:

Kigelia uittreksel is al bewys dat dit help vir ʼn fermer voorkoms van die vel, asook die vermindering van plooie en fyn lyne. Die Uplifting Serum is ook ryk aan vitamienes A, B en C afkomstig van kremetart uittreksel.  Dit bevat ook essensiële aminosure, polisakkaried en glukoproteïen van die Alwyn Ferox plant.

Die produk beskerm jou ook teen enige UV-beskadiging. Vitamien C, koper- en sink wat in kremetart, rooibos en Alwyn Ferox voorkom, verbeter die elastisiteit van die vel deur kollageen- en elastien produksie deur fibroblaste te stimuleer.

Klik hier om meer in detail te lees oor die produk.

Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer velTerres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Deep Cleansing Mask:

Ons ervaring:

Seker ons gunsteling, dié produk is lieflik!  Hierdie olie basis modder masker is sag op die vel.  Ons het dit vir 15 minute soos aanbeveel op ons gesig gehad, terwyl ons ʼn koppie tee geniet het!  Om ʼn gesig masker op te sit is vir ons ʼn tyd wat jy daai 15 minute neem en ook sommer te ontspan.  Wanneer jy die masker afwas voel jou gesig sommer so verfris.

Die produk:

Dié natuurlike olie-gebaseerde modder masker maak jou vel diep skoon deur swaar metale en gifstowwe te onttrek.  Bentoniet het kragtige trekkrag wat saam met die hoë mineraalinhoud werk om onsuiwerhede te onttrek en gifstowwe te absorbeer.

’n Ligte elektroliet in die klei vang gifstowwe vas en keer dat dit terugvloei in die vel.  Natuurlike antibakteriese faktore in die klei versnel genesing van aknee en kolle.

Die Klapperolie keer dat die klei uitdroog en voed die vel, wat help om die lipied versperring te herstel.  Om die doeltreffendheid van hierdie skoonmaak masker te verhoog, het hul Alwyn Ferox bygevoeg.

Die sap van die Alwyn Ferox vetplant is ryk aan essensiële aminosure, vitamiene, minerale en polisakkaried, wat die absorpsie van ander aktiewe bestanddele aanhelp, terwyl die vel elastisiteit streel en verbeter deur kollageen produksie te stimuleer.

Die hoë waterinhoud van Alwyn Ferox jel hidreer die vel terwyl die masker is aan.

Klik hier om meer in detail te lees oor die produk.

Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Light Facial Cream:

Ons ervaring:

Ons is gaande oor die potjie gesigroom!  Nie net is die potjie die perfekte grootte om in jou handsak of reis sakkie te hou nie, maar die voedings waarde vir jou vel is fantasties.  Gewoonlik as jy ʼn gesigroom gebruik moet jy dit meer as een keer aansit, maar nie met Terres d’Afrique se Light Facial Cream nie.  Een keer se aanwending is oorgenoeg!  Dit laat jou vel vog voel en gee dit daardie gesonde skynsel.

Die produk:

’n Kombinasie van 5 omega-ryke olies (Jojoba, Maroela, Kalahari Spanspek, Yangu en Manketti) in kombinasie met vitamiene A en B van kremetartpulp-e kstrak en glukoproteïen van aalwyn-jel.

Dit help om jou vel te hidreer, herstruktureer en regenereer. Hoë vlakke van linoleïensure dring diep in die vel in en help om soepelheid te behou terwyl hyaluron-sure diep hidrasie handhaaf.

Anti-oksidant soos Vitamien E, Vitamien C, flavonoïede, polifenole, marulien en die kragtige Super-Oxide-Dismutase beskerm vel teen skade wat deur vrye radikale veroorsaak word.

Klik hier om meer in detail te lees oor die produk.

Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Gentle Face Scrub:

Ons ervaring:

ʼn Gesig afskilferaar produk wat lekker sag op die vel is.  Jou gesig se vel is sag en moet nie met harde produkte geskrop word nie.  Die Terres d’Afrique Gentle Face Scrub is baie sag op die vel.  Dit voel amper soos ʼn room met ʼn tikseltjie tekstuur in dit.  Ons is gaande oor die produk en sal dit definitief weer koop!

Die produk:

Die olie-gebaseerde afskilferaar kombineer strooisuiker en rooibos vlokkies om verskillende sterktes van afskilfering te bied van sterk aanvanklik tot baie sag teen die einde.  Sodra die suiker opgelos het en net die rooibos vlokkies oorbly.  Dit verwyder sagkens dooie selle, wat nuwe, verfrisde vel onder blootstel.

Omega-ryk maroela-olie versag, voed en help om vel selle te herstruktureer en regenereer.

Klik hier om meer in detail te lees oor die produk.

Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Koop Terres d’ Afrique se produkte:

Vir Terres d’Afrique se nuutste produkte en nuus oor hul handelsmerk, volg hul op Facebook en Instagram.  Koop jou gunsteling Terres d’Afrique produkte deur te kyk wie hul produkte verkoop naby jou.  Klik hier om te kyk waar ʼn verskaffer naby jou is.

Terres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer velTerres d'Afrique, Terres d’Afrique vir die perfekte Somer vel

Artikel Krediet: