Oulike Kersfees Dekor Produkte

Opsoek na ʼn oulike Kersfees dekor produkte?  Dan is hierdie nuwe dekor items van Oh Yay perfek vir jou Kersdag!  Koop jou gunsteling item nou vir jou Kersfeesboom of -tafel.

Al die verskillende produkte is gepersonaliseerde produkte, wat dit ekstra spesiaal maak.  Dink net hoe opgewonde die kinders en gaste sal wees as hul, hul naam op jou kersboom se dekor sien!   Daar is ook servet ringe wat individueel persoonlik gemaak kan word met elke persoon se naam op. Dit is die ideale sitplek aanwysing idee vir jou fees tafel.  So weet almal waar hulle sit en kan dit sommer huis toe neem as ʼn geskenkie.

Besoek Oh Yay se aanlynwinkel vir meer oulike produkte. Rol af om te kyk na die oulike Kersfees dekor produkte.

Oulike Kersfees Dekor Produkte Oulike Kersfees Dekor Produkte Oulike Kersfees Dekor Produkte

ʼn Tafel dekor Idee:

Baie mense weet nie wat om te doen vir hulle Kersfees tafel nie.  Party mense dink dit moet jou groot bedrag geld kos om ʼn mooi tafel te hê.  Dit is nie die waarheid nie.  Probeer jou tafel so simplisties moontlik hou.  ʼn Oulike idee wat ons kan gee is om kerse van verskillende hoogtes te gebruik op die tafel.  Probeer al jou breekware en eetgerei dieselfde te hou, of altans amper dieselfde styl.  Sit wynglase op die tafel, al drink jy net water daaruit.  Dit gee die tafel ʼn meer elegante gevoel.

Moet dit nie oordink nie – minder is meer!  Hou die tafel dekor eenvoudig en jy sal nie verkeerd gaan nie.  Met al die heerlike kosse op die tafel sal die hele tafel uitstaan en pragtig lyk.  Die laaste ding wat jy wil hê is dat jou tafel so besig is dat jy die kos op die tafel moet soek en nie kan uitmaak wat is dekor en wat is kos nie.

Nog ʼn oulike idee:

As jy ʼn groot stoep of onderdak area het by die huis, dek die tafel sommer daar as die weer dit toe laat.  Dit is altyd interessant om iewers anders te eet buiten die gewone.

Oulike Kersfees Dekor Produkte Oulike Kersfees Dekor ProdukteOulike Kersfees Dekor Produkte

Artikel Krediet: