Velsorg Tendense vir 2022

velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022

Hier by Mooi Leefstyl volg ons ʼn baie streng velsorg roetine en raak kinderlik opgewonde wanneer ons van nuwe tendense hoor.  In dié inskrywing deel ons nou met jou die Velsorg Tendense vir 2022!  Mens kan nie glo dat dit al klaar weer 2022 is nie – ʼn nuwe jaar met nuwe doelwitte.  Een van ons doelwitte is om ons velsorg roetines  nog meer te verbeter.  In hierdie artikel vertel ons jou meer van die velsorg tendense vir 2022.   Velsorg produkte en die skoonheid industrie is altyd besig om te verander.

Dr Alek Nikolic, bekende spesialis in estetiese medisyne en ook die eienaar van SkinMiles, verduidelik: “Ons sien ʼn toenemende navraag van ons kliënte na skoon velsorg en eko-vriendelike verpakking, só ons verwag om te sien dat dit in 2022 sal aanhou groei.  Nóg ʼn groot tendens is die skuif na multifunksionele produkte en tuis behandelings soos chemiese afskilfering.”

Dr Alek Nikolic deel van sy grootste velsorg tendense vir 2022 met jou,  rol nou af om meer te lees.  As jy belangstel in enige van die produkte, klik op die foto en bestel dit direk vanaf SkinMiles se webtuiste.

velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022

Multifunksionele produkte:

Ons almal hou van ʼn produk wat meer as een ding vir ons kan doen.  Hierdie mark is een wat baie gaan groei oor die volgende paar jaar.  Mense sal eerder geld spandeer op een goeie produk as wat hulle ʼn klomp verskillende produkte moet koop.

Hieronder is Dr Nikolic se voorstelle:

velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022

SSK en hennep produkte:

Produkte met SSK en hennep bestanddele was ʼn interessante, tog verwelkomende toevoeging tot die skoonheid mark.  Hierdie tendens gaan meer oor die groeiende behoefte aan skoner, natuurlike produkte wat minder chemikalieë en minder impak op die omgewing het.

Hieronder is Dr Nikolic se voorstelle:

velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022

velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022

Tuisbehandelings:

Met die pandemie in 2020 en 2021 het meer verbruikers begin beweeg na tuisbehandelings toe.  Dit is óók een van die tendense wat jy meer van sal sien in 2022.

Hieronder is Dr Nikolic se voorstelle:

velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022

Volhoubare produkte:

Met die somer maande is daar ʼn groot fokus op SPF-produkte.  Die wêreld, en so ook Suid-Afrika, is besig om te beweeg na ʼn meer volhoubaar en skoner manier om na produkte te kyk.

Hieronder is Dr Nikolic se voorstelle:

velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022velsorg tendense 2022, Velsorg Tendense vir 2022

 

Artikel Krediet: