Old Khaki se 2022 Herfs Reeks

Ons is met elke nuwe seisoen opgewonde om Old Khaki se nuwe reekse te sien.  In hierdie inskrywing stel ons bekend Old Khaki se 2022 Herfs Reeks.  Dit het ʼn neutrale kleur palet om die seisoen mee af te rond.  Dit berei jou voor vir die Winter seisoen, wat ʼn meer meer pikante kleur palet het.

Al hoe meer mode tendense beweeg nogsteeds na die meer informele stilering, en ʼn fokus na die terug-na-die-werk kleredrag.  Rol af om meer oor dié spesifieke reeks vir mans en dames van Old Khaki se 2022 Herfs reeks, hieronder te lees.

Mans-reeks:

Herfs 2022 sien ʼn reeks wat eenvoudig, maar impak vol is.  Grafika vir die seisoen het skoon, moderne en subtiel gebly.  Die sleutel kleur palet is die nuutheid van ʼn stowwerige pienk, gepaard met gewaste swart kleure, asook toffie wat teen die einde van die seisoen die middelpunt is, saam met ʼn olyf kleur.

Old Khaki beweeg weg van klere wat as ʼn stel gedra moet word, na kleure van die selfde kleur palet is en dit bymekaar aan te trek.

Linne en verskillende linne tipes, is die sleutel materiaal vir 2022 se Herfs seisoen.  Dit kom meestal deur by hul langmou en kortmou hemde.

Dames-reeks:

Vir die dames-reeks sien Old Khaki ʼn voortsetting van sommige style van uit die somer reeks, met die hooffokus op rokke, vroue hemde, en geweefde hemde.  Druk ontwerpe en kleur palet kry ʼn mengsel tussen romantiese en prairie/boho voorkoms en -gevoel.

Die begin van die seisoen begin met ʼn meer pastel kleurige fokus wat na neutrale kleure lei.  Februarie beweeg in ʼn baie sagter kleur palet.  Dit sluit in sagte pienk en pers kleure wat die seisoen afrond met ʼn pittige kleur palet in die laaste maand, wat die winter maande inlei.

Ons is in ʼn romantiese en vroulike silhoeët-seisoen.  Die reeks van Old Khaki bied pragtige afdrukke, sowel as spesiale style met ingewikkelde detail op en ontwerpe wat alles tot die vroulike storie leen.

Nuwe materiaal teksture is die sleutel van die reeks met katoen van volhoubare oorsprong.  Mens sien meer belangstelling van ʼn reeks eenvoudige style en ook nogsteeds materiaal met drukwerk.

Old Khaki bekyk interessante materiaal basisse, veral wanneer dit kom by gebreide hemde en breiwerk.

Die seisoen word daar meer gefokus op gemaklike kleredrag en ʼn meer toonkleur pallet.

Artikel Krediet: