Romantiese by die huis idees vir Valentynsdag

Valentynsdag is om die draai en nie almal het al reëlings getrek vir die dag van liefde nie.  Ons het ʼn paar oulike idees bymekaar gesit vir as jy ʼn romantiese Valentynsdag by die huis wil geniet.  Nie almal wil ʼn luukse ete by ʼn restaurant geniet nie.  Party paartjies verkies dit om rustig by die huis verkeer en ʼn heerlike ete te geniet.

Rol af vir oulike Valentynsdag by die huis idees.

Skryf ʼn persoonlike kaartjie aan jou geliefde:

Geen rede om rond te hardloop vir ʼn kaartjie nie!  Laai dit sommer gratis af vanaf Mooi Leefstyl.  Klik hier om jou kaartjie gratis af te laai.  Skryf ʼn persoonlike boodskap agter op jou kaartjie.

Geniet ʼn rustige aand by die huis:

Jy hoef nie vreeslik baie geld spandeer op duur etes ens. om ʼn baie spesiale Valentynsdag te hê nie.  Geniet dit by die gemaklikheid van jou eie tuiste.  Onder gee ons vir jou ʼn paar produkte wat jou Valentynsdag spesiaal sal maak by die huis.

Kry die dekor elemente reg by die huis:

Poetry het baie oulike dekor produkte wat jou Valentynsdag ete dekor en die omgewing sal opkikker.  Gebruik kerse, lekker ruik produkte en sagte materiale om jou dekor elemente ekstra spesiaal te maak.

Wyn:

Raak (weer) halsoorkop verlief op Delheim Cabernet Sauvignon.  Februarie is gemaak vir eerste liefdes.  Vra jy die wyn-fundi’s en hulle sal verklaar dat daardie passie aan Delheim Wynlandgoed en sy Cabernet Sauvignon – waarvan die 2018-oesjaar pas vrygestel is – behoort.

Die 2018-oesjaar was ’n herstel jaar vir die wingerde, onthou wynmaker Roeloff Lotriet.  Hulle het jare van ’n versengde droogte oorleef.  Die ideale toestande tydens wingerd-groei, bring mee dat die gebottelde resultaat uitstekend is.

Dit het reeds Goud by Veritas 2021 ontvang en Tim Atkin, die Britse wynmeester, het dit 91 punte gegee.

Hierdie is die perfekte wyn vir jou heerlike ete wat jy gaan voorberei.

Alkohol vrye opsie:

Wil jy nogsteeds ‘m romantiese ete hê sonder alkohol?  Met Absolute Zero se reeks vonkelwyne is dit nou moontlik.   Jy kry nog steeds die karakter van ʼn wyn, maar sonder die alkohol.

Dit word gemaak op die traditionele wyn-maak metode, gekombineer met die hulp van moderne de-alkoholisering metodes.  Klik hier om meer te lees oor die proses.  So kry jy ʼn heerlike verfrissende alkoholvrye drankie.  Dit is laer in kilojoules en kalorieë, asook Vegan-vriendelik – ʼn dubbele bonus!

Maak ʼn heerlike aandete vir 2:

Woolworths se “Eat in for 2” is altyd ʼn fantastiese opsie as jy opsoek is na heerlike aandete vir ʼn romantiese ete!   Gaan na jou naaste Woolworths Food winkel om te kyk wat hulle in die winkel het om te bied.  Klik hier om na hul Valentynsdag opsies te kyk.

Ietsie soet as ʼn ekstra:

Die Krispy Kreme Red Velvet Limited Edition-reeks Valentyns-bolletjies is hier om jou hart te steel.

Probeer die Turkish Delight Kreme, Red Velvet Kreme Cheese, Dark Choc Raspberry en Red Velvet en White Chocolate Kreme Chiller (moenie vergeet van die Chiller’s wat net in die winkel beskikbaar is nie)

Ons Valentynsdag donut -notas reeks is beskikbaar vanaf 31 Januarie tot 14 Februarie 2022 in hul winkels. Terwyl voorraad hou. Terme en Bepalings Geld.

Bestel geskenke en blomme aanlyn:

NetFlorist is bekend vir hul mooi blomme en oulike geskenke.  Bestel blomme vir jou geliefde of ʼn geskenk vir hom of haar.  Op hierdie manier hoef jy nie in die winkel rond te hardloop vir geskenke en blomme nie, maar kan dit gemaklik aanlyn koop.

Artikel Krediet:

  • Hierdie is ʼn onbetaalde artikel en ons is nie geaffilieer met enige van die besighede nie.
  • Delheim foto:  Random Hat Communications
  • Absolute Zero foto:  Hot Oven Marketing
  • Poetry foto’s:  S’innamon PR & Communications
  • Ander foto’s:  Pexels