Elke tuiste moet ʼn mooi kers hê

Elke tuiste moet ʼn mooi kers hê!  As jy met hierdie stelling saam stem, dan sal jy gaande wees oor Okra Candle.  Hulle kerse is nie net uniek nie, maar hulle sit baie liefde en passie in die vervaardiging proses.  Okra Candle is die breinkind van Erik Rust en Michelle du Preez. In 2019 het Michelle die droom gehad om haar eie kerse te begin maak vir geleenthede.  Erik met sy biochemie agtergrond het ingestem om saam met haar op die avontuur te gaan.

Dit is hoe Okra Candle in hul huis begin het.  Nou het hulle ʼn goeie reeks kerse beskikbaar en is ʼn populêre kersmaker.  Hul kers ontwerpe is nie soos die gewone kers nie.  Dit is uniek en trek definitief jou aandag!  Perfek om te gebruik as ʼn fokus punt by jou dekor elemente.  Rol af om meer te lees oor ons onderhoud en om meer te sien van hul pragtige kers ontwerpe.

Candles made in South Africa Candles made in South Africa

Die naam, Okra Candle:

Desember 2019 op pad terug van Langebaan het Michelle en Erik begin speel met name.  Okra het net bly op kom.  Toevallig het hul eerste ontwerp, die Okra Gear, soos die Okra-vrug gelyk. Maar, dit is die ding, by Okra is dinge geneig om baie organies te gebeur.

Candles made in South Africa Candles made in South Africa

Verskillende reeks kerse:

Hul het 30 oorspronklike Okra ontwerpe, soos die Okra Gears, Okra Sundayeve, Okra Profile, Okra Trident.

Okra Candles het vyf reekse in samewerking met ander kunstenaars.

Besighede soos:

Candles made in South Africa Candles made in South Africa Candles made in South Africa

Inspirasie agter die kerse:

Inspirasie kan gevind word oral waar jy waag om te soek.  Vir hulle dit is belangrik om oorspronklik te wees en ʼn emosie met ons ontwerpe op te wek.

Candles made in South Africa Candles made in South Africa Candles made in South Africa

Gewildste kerse:

Okra Gears en Trident.

Candles made in South Africa Candles made in South Africa Candles made in South Africa

Gemaak in Suid-Afrika:

Al hul produkte is met die hand ontwerp, gemaak en verpak deur hul wonderlike ateljee span in Somerset-Wes.  Hul begin met ʼn ontwerp uitdink, dan begin hul die giet-proses en daarna begin die toetsfase.  Sodra hulle tevrede is met brand tye en kers kwaliteit, gaan hul regstreeks met hul nuwe ontwerp.

Candles made in South Africa Candles made in South Africa Candles made in South Africa

Koop jou Okra Candle hier:

Koop jou kerse op hul aanlynwinkel.  Winkels wat hul kerse aanlyn sluit in Always Welcome in Hyde Park, Beagle + Basset in Woodstock, Central Shop in Gardens, ROCK PAPER SCISSORS in Durban en aanlyn by Yuppiechef.

Kort jy bietjie kers inspirasie?  Volg hul op Instagram of besoek hul webtuiste.  Vir algemene vrae klik hier om hul per e-pos te kontak.  Vir groothandel of pasgemaakte stukke stuur ʼn e-pos direk na Michelle.

Candles made in South Africa Candles made in South Africa Candles made in South Africa

Artikel Krediet: